News

Eers virtuele kerkdienste en nou virtuele begrafnisse

Inwoners kan steeds waardig begrawe word, naby hul geliefdes, danksy ’n virtuele begrafnisdiens.

Die getal rouklaers word egter streng tot 50 mense beperk, wat gemonitor word deur die polisie en weermag, tydens streng vasgestelde begrafnistye deur die munisipaliteit.

Slegs een begrafnis op ‘n slag word toegelaat en selfs kulturele praktyke, soos om die graf heeltemal deur manlike familielede op te vul, word beperk.

Naas kerke wat innoverend moes aanpas om hulle gemeentes met beskikbare tegnologie te bereik, word sosiale media nou ook ingespan vir begrafnisse.

Mnr. Zane Boenk van Synesthesia bied inwoners virtuele begrafnisdiens dekking van die kerk na die graf, lewendig aan.

Die konsep het ontstaan toe mnr. Boenk deur die familie van wyle Ryan Pretorius versoek is om die begrafnisdiens uit te saai.

Mnr. Pretorius is hier begrawe en beide die diens en ter aardebestelling het by die graf plaasgevind, hoewel mnr. Boenk sê hulle kerkdienste ook sal opneem met spesiale beeldsendingstoerusting, mits die kerke instem.

Die begrafnisse kan lewendig op Facebook gevolg word, of Synesthesia kan ‘n privaat webblad skep waartoe net geselekteerde kykers toegang sal hê.

Die privaat webtuiste word geskep vir die direkte uitsending, met skakels wat deur die familie uitgestuur kan word, na al die uithoeke van die aarde.

“Met ‘n beperking van 50 gaste per begrafnis, word dit baie moeilik vir families om rouklaers te akkommodeer, ons wil graag die stres en angs van die families verlig met die diens,” sê mnr. Boenk.

Me. Prudence Magutle van die Steve Tshwete Munisipaliteit sê dat begrafnisse normaalweg deur begrafnisondernemers bespreek kan word by die munisipaliteit, en volgens ‘n rooster geboek word.

In gevalle waar kulturele praktyke vereis dat manlike familielede die grafte opvul, word daar nou net toegelaat dat die kis met grond bedek word, voordat munisipale laaigrawe die graf verder bedek.

Begrafnisse word volgens me. Magutle streng, maar respekvol, gemonitor sodat bywonersgetalle binne regulasie bly.

Die digitale opsie gee inwoners ook die geleentheid om die hele begrafnis elektronies te verkry, sodat dit bewaar kan word.
Vir meer inligting gaan na info@ssav.co.za of skakel 060 854 7136.

• Die polisie sê inwoners wat wel reispermitte wil bekom, moet dit by die begrafnisondernemer bekom, nie by die polisie nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button