Polisie jaag na huis omdat huishulp werk
’n Vrou en haar kinders is deur erge trauma toe drie polisievoertuie Dinsdagoggend by hul huis opgedaag het.
Die vrou sê dat daar minstens agt polisiemanne was en dat hulle haar ingelig het dat die bure gekla het omdat haar tuinier en huishulp werk. Sy het verduidelik dat hul tuinier by hul bly en dat haar huishulp net daar is om die kinders op te pas, terwyl sy en haar man werk.
Sy gaan haal haar persoonlik by haar huis om werk toe te kom en gaan laai haar weer af.
Die polisie het haar ingelig dat as sy die regte permit vir haar kinderopasser het, daar nie probleme sal wees nie. Dit blyk dat ’n kwaadwillige buurvrou die polisie knaend gebel het omdat sy van mening was dat die vrou die inperkingswette oorskry.
Die vrou sê dat sy meen dit was ’n onnodige vermorsing van polisiehulpbronne terwyl die buurvrou eerder self by haar kon uitvind wat die stand van sake is. Haar seun (10) was veral getraumatiseerd toe die polisie daar opdaag.
Volgens gedeelte N van die staatskoerant wat op 29 April 2020 gepubliseer is, mag inbly werkers sowel as versorgers van kinders, bejaardes en siek mense weer begin werk vanaf 1 Mei.
•Dit blyk oortreding van die Covid-19 regulasies is nie kinderspeletjies. Groot boetes en ’n draai by die polisiestasie is oortreders se voorland.
Bykans ’n 100 mense is die afgelope week gearresteer, nadat hulle die regulasies oortree het.
Nogtans was tuinwerkers onwettig besig met hulle dagtake, in die meeste woonbuurtes.
Raadslid Jos Pretorius sê in Clubville en Gholfsig was daar talle tuinwerkers wat gewerk het.
Oortreders kan stywe boetes verwag.
