Middelburg se tweede Covid-19 geval bevestig, werkswinkel gesluit
Beide mans woon en werk in Middelburg.

Middelburg se tweede Covid-19 geval is bevestig.
‘n Motorwerktuigkundige in diens van ‘n plaaslike maatskappy het eerste positief getoets.
Die tweede geval is kort hierna ook deur ‘n ander maatskappy bevestig.
Die besigheid is reeds gesluit en die werknemer is ook in self isolasie.
Die maatskappy is soos die ander een naby die Middelburg Mall geleë.
Beide mans woon en werk in Middelburg.
Www.mobserver.co.za het met die bestuurder van die maatskappy gesels wat bevestig het dat dit onder omstandighede goed gaan met die werknemer.
Die bestuurder wag nou op sy eie toetsuitslae.
Daar was vantevore ‘n positiewe toetsuitslag maar die vrou is nie plaaslik nie en is na bevestiging terug na haar huis in Johannesburg.