News

Tonteldoos roofverdagtes later voor

Die hofsaak teen vier mans, wat deur die staat beskuldig word dat hulle in 2017 by ’n rooftog en inbraak op twee plase in die Tonteldoos omgewing betrokke was, is hierdie week weer uitgestel.

Lendi Raphalalani Modileng (28) van Plot 10 Modderspruit, Kabelo Petrus Makua (29) van Phokane in Mokgapaneng, Stimpie Ber Makua (21) van die plaas Phokwane in Stoffberg en Tshepo Makua (30) van Nebo se verhoor het in Augustus 2019 reeds begin maar is skielik uitgestel toe Modileng aangedui het dat hy sy regshulpraad prokureur se mandaat wil beëindig.

Die verhoor is nog ’n keer vertraag as gevolg van die Covid-19 inperking en is eers in September hierdie jaar hervat. Dit moes in September weereens uitgestel word as gevolg van beurtkrag wat hofverrigtinge onderbreek het en is toe weer in Oktober op die Middelburg Streekshofrol geplaas.

Met die Oktober hofverrigtinge het die ander beskuldigdes skielik aangedui dat hulle nie meer hul regshulpprokureur vertrou nie en haar mandaat wil beëindig. Die saak is toe tot Dinsdag 1 Desember uitgestel vir die aanstelling van nuwe regshulp.

Modileng en sy drie medebeskulidgdes word aangekla van roof met verswarende omstandighede, die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie en huisbraak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button