News

Vlaag diefstalle – teiken: wiele en sleepwaens

’n Leraar bied ’n R10 000 beloning aan vir inligting wat daartoe sal lei dat twee sleepwaens, wat laasnag by hom in Kanonkop gesteel is, teruggevind word.

Ds. Ferdie Devenier, het ongeveer R35 000 se skade gely toe diewe sy erf in Lobeliastraat (Kanonkop) betree en weggekom het met twee sleepwaens.
Sy erf is op ’n hoek geleë met twee ingangshekke, waarvan een oopgebreek is deur die loop van die nag.

Die diewe het sy een oop sleepwa, asook ’n geleende Keret sleepwa, met ’n bakverlenging, gesteel.

Volgens hom is die waarde van die Keret sleepwa, wat hy by sy skoonma geleen het, sowat R20 000. Alhoewel die sleepwa verseker is, gaan net R7000 uitbetaal word. Sy eie sleepwa het hy onlangs afbetaal, en sou vandag deur die toets gesit word om dit op sy naam te kry. Dié sleepwa is nie verseker nie.

Die vermoede bestaan dat die boewe net daarna ’n paar blokke verder ’n Pajero se wiele in Hibiscusstraat gaan steel en waarskynlik op die sleepwaens gelaai het!

Lees ook: Wieldiewe slaan weer toe

Die registrasienommer is FV69TMGP op die oop sleepwa en LBF876GP vir die Keret.

As enige persoon die sleepwaens iewers gewaar, bel ds. Devenier by 083 458 7459.

Die Keret sleepwa met ’n bakverlenging, wat ook op die erf gesteel is.

•Dit blyk dat dit ’n nuwe modus operandi van diewe is, aangesien daar net etlike geweke presies dieselfde gebeur het in Mineralia toe ’n sleepwa op een plek en wiele net ’n paar blokke verder gesteel is.

Lees ook: Diewe steel sleepwa om wiele te steel

• Die afgelope paar maande is daar by talle huise in Dennesig, Kanonkop, Mineralia en Aerorand voertuie se wiele gesteel.

In bykans al die gevalle is die voertuie op plaveiselstene, wat sommer uit die opritte gekap word, laat staan nadat die wiele gesteel is.

Tydens die diefstal by die huis in Hibiscusstraat laasnag, het hulle die voertuig op houtblokke, wat hulle agter in die erf gaan haal het, staan gemaak. Interessant om te meld dat daar kwaai honde op die erf is, maar dat daar geen teken is dat hulle die booswigte afgeskrik het nie.

• Sowat ’n maand gelede is inwoners, wat naby ds. Devenier bly, se wiele, ter waarde van R30 000 gesteel.

• Die diewe spits hulle toe op 17 en 18 duim wiele.

Back to top button