Blondekoppie se pa nou met seuntjie op N4
Die egpaar wat gereeld op die N4 gesien word met ’n blondekop dogtertjie en haar boeties, het vandag weer een van hul kinders aan die gevare van die N4 hoofweg blootgestel.
“Ek het amper in ’n ander kar se gat vasgery toe ek die pa met die seuntjie langs die pad sien! Daardie mense gebruik hul kinders as aas om op mense se gevoelens te speel. En ek het die pa gewaarsku as ek hulle weer op die hoofweg sien, gaan ek die polisie bel. Daar is padwerke op die pad en net één baan. Dink aan die gevare waaraan hulle die kinders blootstel. Dis ’n siek wêreld daarbuite,” het ’n woedende mnr. Bennie Joubert gesê.
Hy het die man en die seuntjie, wat hy omtrent in standerd twee skat, tussen die Ultra City en die Vandyksdrif-afrit op die N4 sien loop.
“Ek kon weens die verkeer nie stop nie, maar ek gaan dit beslis nie hier los nie. Hulle het ’n vorige keer ook op my gevoel gespeel, maar nou is dit klaar.”
Mnr. Joubert vertel hoe hy die egpaar en hul kinders leer ken het.
Lees ook: Blondekoppie spook by paramedikus
Hy ry ten minste vier keer per week op die N4 en sê hy was in Januarie op pad om vir van sy werkers Energades te gaan afgee op ’n terrein naby Ogies waar hulle gewerk het. “Dit was verskriklik warm.”
Tussen die Samora Machel- en Van Dyksdrif afritte op die N4 het hy eers die man gesien wat met twee seuns geloop het.
Sowat 500m voor hom, het hy die vrou gesien met die blondekop dogtertjie en nog ’n seuntjie aan die hand.
Hy het dadelik gestop, omdat hy gevrees het vir die kinders se veiligheid, en hulle ’n geleentheid aangebied.
Een van die kinders het agterop die bakkie geklim, want daar was nie plek vir almal binne nie.
Die oomblik toe hulle in die bakkie was, het die blondekop dogtertjie water uit ’n botteltjie gedrink. “Die pa het vir haar gesê: ‘stop-stop, moenie so baie drink nie, want daar gaan nie genoeg water wees nie!”
Lees ook: Blondekoppie se ma praat
Mnr. Joubert het vir die egpaar en die kinders elkeen twee botteltjies Energade gegee.
Hy het ook uitgevra oor waarheen hulle op pad is, waarop die man vir hom gesê het dat hulle die oudste kind, wat hy omtrent in graad agt of newe skat, terugvat na sy pa toe in Pretoria. Dit is blykbaar ’n kind van die ma uit ’n vorige huwelik.
Mnr. Joubert het die man dadelik oor die vingers getik en vir hom gevra waarom hy nie alleen met die seun gaan nie, omdat dit te gevaarlik is vir die ma en jonger kinders, waaronder die klein blondekop dogtertjie.
Dit het mnr. Joubert egter steeds aan die hart geruk en het hy besluit om hulle na ’n taxihalte toe te vat naby Ogies, wat hulle tot in Pretoria sou neem.
“Ek het ook al die geld in my beursie, dit was R700 gewees, vir hulle gegee om in Pretoria te kom.”
Die aand het hy die pa gebel, wat hom meegedeel het dat hy alleen saam met die seun die taxi gevat het tot in Pretoria. “Hy het gesê die ma en ander kinders is alleen terug Middelburg toe! En daar is ook geen bewyse dat hy Pretoria toe was nie.”
Mnr. Joubert het intussen ook navraag gedoen oor waar die gesin bly en hul deposito by die vakansieplek waar hulle bly, gaan betaal. “Hulle sou uitgesit geword het, as ek nie die uitstaande deposito van R2 050 betaal nie.”
Nadat mnr. Joubert die berigte oor die gesin op www.mobserver.co.za gelees het, was hy baie kwaad.
“Die pa het my selfs gebel en gevra ek moet vir hom ’n prokureur kry, want alles wat ook hulle geskryf word, is nonsens. Wel daar is hy dan vanoggend weer op die N4! Nie die keer met die dogtertjie nie, maar wel met die seuntjie!”
Lees ook: Motoris ontsteld oor ‘blonde krulkoppie wat so dors was’
• Die ma van die kinders het tydens ’n vorige onderhoud toe daar uitgevra is oor die blondekoppie wat saam met haar pa op die hoofweg loop, gesê dat dit “nie mishandeling is as ons dogtertjie saam met haar pa loop nie. Dis ons dogtertjie en sy loop saam met haar pa.”
Volgens die ma “leer die kind hoe om op ’n hoofweg te loop en van die veld. Sy ervaar baie dinge.”
• Talle motoriste het na die berigte na vore gekom en gesê dat hulle die egpaar en die kinders al geleenthede gegee het waar hulle langs die hoofweg loop en hulle ook in eMalahleni gesien het.
• Daar het ’n vrou ook gesê dat sy hulle voorheen al gehelp het toe hulle in Middelburg was. Sy het gesê dat die man al voorheen in Middelburg gewerk het en dat daar selfs vir hom ’n fiets gereël is destyds om mee te gaan werk.
• Na al die berigte het verskeie mense na vore gekom en aangebied om vir die pa ’n fiets te koop. Die plek waar hulle bly, asook hul selnommers, mag nie uitgegee word nie, om die kinders te beskerm.
Die barmhartige samaritane wat hulle wil help, se nommers is egter wel vir die ma aangestuur.
* Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news
Dear reader,
As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.
Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed.
Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19.
Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).
Do you have a news lead?
Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us.
Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a whatsapp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news.