Mnr. Arthur Roden, ‘n slangvanger van NSARRU (National Council of South African Reptile Rescue Units), het ‘n krokodil van ongeveer 3.3m op ‘n boer se plaas gevang.
Mnr. Pieter Bronkhorst, wie se plaas ongeveer 10km buite Marble Hall is, het mnr. Roden gekontak, nadat sy plaaswerkers ‘n krokodil in die lande gesien het.
Terwyl mnr. Roden op pad is na die plaas, het die plaaswerkers ‘n oog oor die krokodil gehou.
Met mnr. Roden se aankoms op die plaas het die krokodil na ‘n klein kanaal gestap.
Mnr. Roden vertel dat dit ‘n groot gestoei gevat het om die krokodil uit die kanaal te kry en te blinddoek.
Dit het ses mense geneem om die krokodil op ‘n bakkie te laai. Hy skat dat die krokodil meer as 200kg weeg.
Mnr. Roden vermoed dat die krokodil vanaf die Olifantsrivier, wat ongeveer 5km aan die teenoorgestelde rigting van waar hy gevind is, moes kom.
“Mnr. Bronkhorst het gesê dat dit nie die eerste keer is wat daar ‘n krokodil op sy plaas gevind is nie. Hy het ook vertel dat die krokodille gewoonlik in die plas water waar die spilpunte se spoor lê, gevind kan word,” vertel mnr. Roden.
Mnr. Roden het die yslike krokodil by die Schuinsdraai Natuurreservaat buite Marble Hall vrygelaat.
Do you have a news lead?
Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a WhatsApp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news.
Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news
Dear reader,
As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).
