News

Likkewaan toe ’n ding met ’n kop sonder wiele!

As ’n ding daar tussen die grasse lê met ’n groot kop, dan is dit ’n likkewaan!

Of is dit ’n likkewaan?

Gepantser met handskoene, bakke en veiligheidspype is Victor Boshoof (voorsitter, Middelburg Herpetologiese Vereniging) na ’n huis om ’n groot likkewaan te vang in Kanonkop.

Hy kon nie mooi tussen die gras sien nie en vra die hele tyd vir die vrou, “waar is hy?” waarop sy doodbenoud “daar!” uitroep en voor hom beduie.

“Toe ek die gras opsy druk, gereed om likkewaan se kind te vang, toe lê daar ’n reuse paddakop wat deel was van ’n karretjie, sonder sy wiele.”

Mnr. Boshoff sê die kleinkinders het by oupa en ouma gaan kuier en die gedeelte van die speelding daar vergeet, tot groot konsternasie van die ouma.

• Dit is egter nie die eerste keer dat hulle al “vreemde” goed moes gaan vang het nie.

Al die herpetoligiese vereniging se lede het voltydse werke ook en was die betrokke gesin al woedend omdat dit “so lank gevat het” vir mnr. Boshoff om uit te kom.
Wat vir hom vreemd was, is dat hulle gesê het die kobra, wat nogal op ’n klavier gelê het, se kop bly bak.

Terwyl hy nader sluip, het hy ook gevra waar die “gevaarlike slang” is, waarop ’n reuse rubber speelgoed kobra bakkop vir hom gelê en wag het.

• ’n Ander keer het sy vrou, Karen, uitgejaag om ’n slang in ’n boom by ’n huis te gaan vang.

“Die seun het die slang in die boom gegooi en nog voordat sy in die boom wou klim om die slang uit te haal, het sy gesien dit is eintlik net ’n rubberslang wat almal op hol het.”

 

 

 

 

 

 

Do you have a news lead?

Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us.

Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a WhatsApp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news.

Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news

Dear reader,

As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.

Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.

A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button