News

Moord op Rooikraal – vrou weer in hof

Die 23-jarige vrou wat vir die moord van ’n plaasbestuurder op Rooikraal aangekla word, het weer vanoggend vlugtig in die Groblersdalhof verskyn.

Patricia Ray-Lee Smith is andermaal deur haar pa, Martin, ondersteun. Smith is in Oktober verlede jaar gearresteer.

Sy word beskuldig dat sy ’n aandeel gehad het in die moord van Raymond Papapavlou op Sondag 4 Oktober.

Papapavlou, ’n oudleerling van Middelburg wie se ouers steeds hier woon, is in sy bed doodgeskiet. Sy vrou, Simoné, het beweer dat daar iemand anders in die huis was ten tye van die moord en dat sy waarskuwingskote afgevuur het, nadat sy voor die televisie wakker geskrik het van die skote.

Lees ook: Jong boer (28) op plaas doodgeskiet

Simoné se naam word op die klagstaat genoem, waar die staat beweer dat sy en Smith saam aan Papapavlou se moord beplan het.

Sy is egter nie aangekla vir die moord nie.

Raymond Papapavlou en sy vrou Simoné.

Smith is op Vrydag, 27 November, op borg van R5 000 vrygelaat, nadat sy haar tot die Hooggeregshof in Polokwane gewend het.

Die beslissing van die direkteur van openbare vervolging was nog nie vanoggend beskikbaar nie.

Daar is byna twee bladsye se navrae vanaf die openbare vervolger aan die ondersoekbeampte voor die besluitneming sal kan plaasvind.

Lees ook: Vrou aangekla vir Papapavlou moord

Die staat het gevra dat die saak uitgestel word, terwyl Smith se prokureur, Sonja Weideman, gevra het dat die saak voorlopig teruggetrek word.

Die staat het gesê dat die saak egter eers van 29 Oktober 2020, slegs vyf maande gelede, vir die eerste keer voorgekom het en dat daar nog nie genoegsame tyd gegun is vir al die ondersoeke nie.

Weideman het gevra, of die ballistiese toetse al ingestuur is, waarop die staat nie die vraag kon antwoord nie.

Die saak is weer uitgestel na 11 Junie, vir verder polisie ondersoek.

Lees meer oor die Papapavlou moord:

Voorheen skote en moord op Rooikraal

Het Mercedes iets met moord te doen?

Gesoute oud-speurder ondersoek Rooikraal moord

Beloning vir inligting oor Rooikraal moord

Almal wag vir nadoodse verslag

Deurbraak in Papapavlou moord lei tot arrestasie

Papapavlou moord: Ondersoekbeampte dra meer as 100 ander dossiere

Polisieman getuig daar word gesoek na Simoné Papapavlou

 

 

 

Do you have a news lead?

Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a WhatsApp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news.

 

 

Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news

Dear reader,

As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.

Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.

A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).

 

 

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button