News

Boere is moeg vir wrakke

Hoeveel meer mense moet nog sterf voordat daar aandag gegee word aan die Stoffbergpad?

Na ’n ongeluk Maandagoggend waarin die insittendes van twee voertuie beseer is, sê boere dat slaggate die oorsaak van ongelukke is.

Inwoners kla al maande oor die pad en na die onlangse swaar reën, het die slaggate vererger.

Streekvoorsitter van die Transvaalse Landbou Unie en Stoffberg boer, mnr. Johan Scheepers, sê dat dele van die pad so erg is, dat karre dood moet stop om deur die gate te ry.

Hoewel die myn die gedeelte van Reitspruit Colliery tot in Middelburg onderhou, moet gemeenskapslede ’n goeie 40 tot 50 kilometer van net slaggate trotseer.

Dit is nog gevaarliker saans as die ligte van aankomende voertuie jou verblind.

Mnr. Scheepers sê dat kontrakteurs laas week begin het om die pad te herstel, maar dat hulle nie aandag gee aan die slegte deel nie.

’n Slaggat wat onlangs opgevul is, het ’n ongelyke wal gevorm, en ’n motoris het daarna sy voertuig omgegooi as gevolg van die wal.

“Daar is nou al van die boere wat sand in die gate gooi, omdat hulle moeg is vir die wrakke.”

Inwoners het ook hulle misnoeë gedeel oor die standaard van die herstelwerk.

Lees ook: Serious collision on Stoffberg road, 40 km from Middelburg

Dikwels word die werk deur die hoofkontrakteur aan ’n subkontakteur toegeken, wat die werk dan weer aan ’n ander kontrakteur gee. Dit veroorsaak dat twee of drie kontrakteurs ’n groot deel van die begroting vir hulleself vat, wat bittermin geld oorlos vir konstruksie.

In 2019, het die departement van openbare werke, paaie en vervoer die herstelwerk van die Stoffbergpad goedgekeur. Etlike dae na herstel werk begin het, was daar ongelukke as gevolg van die afwesigheid van padtekens.

•Op 29 Junie is sewe mense dood in ’n botsing teen ’n vragmotor.

•Op 13 Julie is nog drie lewens geneem in ’n botsing op die Stoffbergpad

•Op 24 Julie is nog een persoon dood in ’n botsing tussen vragmotors

Www.mobserver.co.za het wyd berig oor die ongelukke wat plaasgevind het as gevolg van die padwerke, en talle berigte is gedoen van die skade aan voertuie wat veroorsaak is deur ’n sloot op die Stoffbergpad oorkant Kanonkop woongebied.

Die kontrakteur het eers gesê dat padtekens teenwoordig was op die toneel, maar het later diefstal van sy tekens as verskoning gebruik.

Mnr. Bosman Grobler, ’n lid van die Mpumalanga Wetgewer het bevestig dat hy die probleem na die nuwe LUR van Openbare Werke, Paaie en Vervoer, Mohita Latchminarain, sal verwys.

“Strooptyd lê voor, wat beteken dat baie stropers en trokke van die pad gebruik gaan maak, die pad is ook ’n nagmerrie tydens die paasseisoen. Ek hoop net hulle doen iets teen daai tyd, anders gaan daar nog baie sterftes wees,” het mnr Scheepers gesê.

Lees ook:

Three dead, two critical in Stoffberg collision

Stoffbergpad eis nog ’n lewe

R555 closed, seven die in horrific crash

WARNING: Horrific R555 crash

WATCH: Vehicles hit unmarked ditch on R555

 

 

 

Do you have a news lead?

Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us.

Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a WhatsApp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news.

 

Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news

Dear reader,

As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.

Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.

A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button