News

Nog ’n slaggat nagmerrie

Twee bestuurders het wonderbaarlik oorleef toe ’n Mitsubishi en Toyota Hilux omstreeks 10:00 Maandag gebots het.

Die botsing het ongeveer 40km buite Middelburg gebeur waar inwoners sê daar daagliks botsings is weens die slegte toestand van die pad.

Beide bestuurders, mnr. Thabang Seloma wat die Hilux bestuur het en mnr. Anthony Thomson wat die Mitsubishi bestuur het, is van Gauteng.

Mnr. Seloma sê hy was onderweg na Benoni vanaf Stoffberg toe hy beheer oor sy Hilux verloor en in ’n T-beenbotsing met mnr. Thomson se voertuig was.

“Die pad is in ’n baie slegte toestand, wat my genoodsaak het om teen sowat 90km/ph te ry,” sê mnr. Seloma.

Hy het ’n slaggat getref en beheer oor sy voertuig verloor.

Mnr. Thomson, van Durban, wat gedurende die week in Midrand woon, was onderweg na Steelpoort waar sy maatskappy ’n watersuiweringsaanleg by ’n chroommyn bedryf.

Hy sê dat hy ’n lelike sny op die kop het wat met krammetjies geheg is. Hy het ook ribbes beseer waar die veiligheidsgordel hom teruggeruk het tydens die botsing.

Mnr. Seloma was gelukkig om sonder beserings uit die wrak te klim.

“Ons ry die pad elke Maandag en Vrydag na Steelpoort en sien elke keer voertuie wat deur slaggate beskadig is, of in botsings betrokke was weens die slaggate, iets moet gedoen word,” het mnr. Thomson telefonies gesê.

“Weens die slaggate is my voertuig afgeskryf, die regering moet iets doen, maak die paaie reg!” beaam mnr. Seloma.

Mnr. Seloma sê dat hy baie bly is dat hulle die botsing oorleef het.

 

 

 

Do you have a news lead?

Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a WhatsApp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news.

 

Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news

Dear reader,

As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button