News

VIDEO: ’n Leeu van ’n Yorki en die likkewaan

’n Yorki met die naam Spike het gedink hy is ’n leeu en ’n reuse waterlikkewaan aan die keel gegryp!

Gelukkig was Fanie Strydom, ondervoorsitter van die Middelburg Herpetologiese Vereniging, naby om die likkewaan te red en veilig op die dorp te kom vrylaat.

Fanie vertel dat ’n gesin van eMalahleni hom gekontak het om die waterlikkewaan, wat die laaste paar weke al ’n bekende gesig was op hul erf, te gaan haal.

Eers het hy gesonbaai langs die swembad en ’n paar keer uitdagend in die Engelse bulhonde se hok gaan draai.

As hulle hom gestorm het, het hy net eenvoudig gesorg vir ’n geniepsige stertslaan en dan moes hulle die aftog blaas.

Dié week het hy sy geluk in die Yorkshire Terriër se hok gaan beproef en so amper tweede gekom toe Spike hom aan die keel gryp.

Gelukkig was hy te “dikvellig” om seer te kry en het stertswaaiend weer weggestap en tussen die plante in die tuin gaan wegkruip.

Die gesin het egter besluit om likkewaan se kind eerder te laat vang, voordat hy of die honde dalk ’n besering opdoen en Fanie het hom gaan vang. Hy het die likkewaan gisteraand in die Middelburg omgewing vrygelaat.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Do you have a news lead?

Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a WhatsApp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news.

 

 

Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news

Dear reader,

As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.

Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.

A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button