In ’n donker…donker gang….is daar ’n deur wat sleep oor die vloer
Die deur kom stadig teruggeswaai en kraak dan hard, so asof iemand hom wil toedruk.

’n Bangmaak storie?
Ja, ek was bang, want my nekhare het soos ystervarkpenne orent gespring en die hoendervel het my yskoud gemaak.
Ek is nie ’n bang mens nie en vat spookstories met ’n knypie sout, maar gisteraand was daar wraggies iets by daardie huis.
Ons het niks gesien nie, maar daardie iets kon mens vóél!
Drie joernaliste van www.mobserver.co.za het die spook soos ware “Ghost Busters!” gaan soek waaroor die Middelburg Observer in sy Vrydag koerant berig het.

Me. Marinda van Zyl het vertel dat talle mense, wat glad nie geweet het van die spook nie, al gesê het dat hulle die “ou omie wat se keel afgesny is” op die stoep sien sit het.
Dié omie sit op die stoep van ’n verlate ou huis op die plaas Langkloof. Werkers het hulle al bleek geskrik en ander mense wat hulle besoek het, het gesê dat die spook gesê het dat hy by die rooi klip vermoor is en dat sy vrou ook vermoor is.
Plaaseienaar Koos van Zyl wys die aand in sterk skemer “waar die tannie in die huis vermoor is.”
Hy het vertel dat daar al mense was wat gesê het dat hulle ook ’n swartkop dogtertjie om die huis sien dwaal het.
Volgens oorlewing is kinders tydens die Anglo-Boereoorlog in die huis weggesteek.

Gewapen met flitse, het ons gewag dat dit donker word.
Brawe ek, is op ’n stadium alleen die huis in, want daar is mos mense wat sê as jy in die donker ’n foto neem, sal jy die spook later op die foto sien.
Ek het die selfoonliggie afgesit en die gangdeurtjie oopgestoot om die donker gang op “Night Mode” af te neem.
Die oomblik toe ek die knoppie druk, toe kom die deur met spoed terug.
Aanvanklik het ek aangeneem dis maar net die wind, maar toe die deur oor die ongelyke grond hard “krrrr”, so asof hy van binne toegedruk word, vlieg ek om.
Ek hol eers in die volgende donker muur vas, struikel oor ’n stuk hout en vind die buitedeur.
Half uitasem probeer ek myself beheer, kry die redakteur aan die arm beet en gaan wys hom wat met die deur gebeur. En daar kom daardie selfde deur weer terug. Ons lag so half senuweeagtig, kyk vir mekaar en soek die buitedeur.

Tussen die bewerige gelag, vra een vir die spook om homself te wys, maar net die koel luggie gee antwoord.
Buite sê een dat daar “skielik so ’n warm lug van daardie kant af gekom het,” en “wat is sou vinnig hier verby? Het julle dit ook gesien?”
Nou ja, dit is die ideale huis vir daardie: “in die donker donker gang, is daar ’n donker donker kamer….”
• Me. Van Zyl het gemeld dat daar stories is dat daar kinders in en om die huis weggesteek is om die konsentrasiekampe vry te spring in die oorlogjare. Sy kon egter nog nie bevestiging daarvoor kry nie.

Sy nooi mense om hul tente te bring en daar te kom oornag om te kyk of hulle die spook te siene kry.
Me. Van Zyl vra ook dat indien daar iemand is wat iets weet van die moontlike moorde op die egpaar of die geskiedenis van die plaas, om haar te bel by 063 057 0996.

Do you have a news lead?
Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a WhatsApp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news.
Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news
Dear reader,
As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.
Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.
A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).
