Soek- en duikspanne van polisie haal lyk uit myndam
Die polisie se soek- en reddingspan van die K9-eenheid, asook die duikspan, het vanoggend die lyk van ’n persoon uit ’n myndam net buite die dorp op die Bethalpad gehaal.

Polisielede was vroeg op die toneel waar die man in die dam beland het.
Op die toneel het ’n sekuriteitswag vertel dat twee verdagtes vanoggend in die vroeë oggendure by ’n stenefabriek betrap is.
Waarskuwingskote is geskiet en die twee het weggehardloop.
Een van die verdagtes het in die rigting van die informele nedersetting gehardloop. Die ander een het egter in ’n sloot afgehardloop langs sand mynhope en in die myndam beland.
• Die operasie om sy oorskot na die oppervlak te bring en teen die helling uit te dra, het sowat twee ure geduur.

Do you have a news lead?
Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a WhatsApp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news.
Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news
Dear reader,
As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.
Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.
A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).
