Voertuie een na die ander op N4 beroof
Verskeie motoriste is weer sedert Vrydag in lokvalle gelei deur die hoofweg rowers, wat voertuie tussen die Vandyksdrift afrit en eMalahleni op die N4 beroof.
Die boewe pak klippe, spykers en ander skadelike voorwerpe op die N4 om motors tot stilstand te dwing, waarna die motoriste beroof word.
Waarskuwings word sedert Vrydag wyd op WhatsApp groepe gedeel.
Volgens een van die boodskappe is ’n paartjie van Johannesburg Vrydag op pad Nelspruit toe in die hinderlaag gelei.
Hulle kon tot by eMalahleni polisiestasie met die pap bande ry, waarna die man die polisie terug na die hinderlaag op die N4 vergesel het.
Op die toneel was drie ander voertuie wat ook beroof is, langs die pad met pap bande. Volgens die paartjie is kontant en selfone by hulle geroof.

Ander klaers het hulle na sosiale media gewend om motoriste te waarsku.
Een van hulle sê dat agt mans uit die bosse langs die hoofweg gestorm het nadat ’n pap band die motoris tot stilstand gedwing het.
’n Foto van ’n erg beskadigde band is ook geplaas.
Die voortslepende probleem het tot ’n onlangse vergadering tussen Afriforum en Trac, die konsessiehouer op die N4, gelei.
Die vergadering is deur Trac bevestig.
Trac sê egter dat hoewel hulle bewus is van die probleem, dit die polisie en ander wetstoepassers se verantwoordelikheid bly om hierdie tipe misdade aan te spreek.
Trac ry egter patrollies en meld self probleme aan waar dit voorkom.
Motoriste word gevra om voorvalle dadelik aan die naaste polisiestasies te rapporteer.
Do you have a news lead?
Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a WhatsApp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news.
Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news
Dear reader,
As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.
Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.
A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).
