News

Ooggetuie van ongeluk vertel wat gebeur het

’n Ooggetuie van die ongeluk Vrydagaand by die Oppi Plaas kuierplek het na vore gekom.

Marnus Uys (lid van die Noodroep Radiogroep Sektor drie) vertel dat alles voor hom en sy vriend, Armand Schutte, afgespeel het.

Nadat almal van die verskillende nood- en sekuriteitsgroepe en polisie bymekaar gekom het vir ’n beplande patrollie, het hulle in groepe verdeel. Hul noodgroep sou onder andere die polisie by die parkering van Midwater Spar ontmoet om verder te patrolleer.

Marnus vertel dat hy en Armand op ’n motorfiets was en van die Engen vulstasie se kant gekom het, op pad na Midwater. Albei het die twee voertuie, “wat heen en weer oor die pad gery het” van voor af sien kom.

“Dit was duidelik dat hulle mekaar van die pad af wou dwing, óf beide bestuurders van die voertuie was dronk.”

Die volgende oomblik het hulle gesien hoe die een voertuig, ’n bakkie, die sypaadjie voor Oppie Plaas tref, deur die palissadeheining bars en teen die gebou te lande kom. In die proses is ’n lamppaal ook omgery.

“Dit is nonsens dat die bestuurder van die bakkie wou weghol. Hy het wel dadelik uitgespring en agter die bakkie gaan staan.”

Marnus het hom gehaas na die passasier in die bakkie en gesien dat dit ’n vrou is.

Hulle kon nie dadelik die deur oopkry nie, aangesien die lamppaal teen die deur gedruk het. Hulle het dit egter afgedruk en die deur oopforseer.

Die vrou was in duidelike pyn en het vir Marnus gesê dat sy ses maande swanger is.

“’n Paar van die manne wat uit die kuierplek gekom het, wou my slaan, omdat ek vir hulle gesê het om haar nie uit die voertuig te haal totdat die paramedici na haar gekyk het nie.”

Op hierdie tydstip is nooddienste al ontbied en is die vrou per ambulans hospitaal toe geneem.

• Marnus meld dat daar vir hom gesê is dat die verkeerspolisie die bestuurder van die bakkie van die toneel af weg gevat het. Daar is klaarblyklik gesê dat hulle sy bloed/alkoholvlakke gaan toets. Hy het dit egter nie self gesien of gehoor nie.

• Wat hy wel opgemerk het, is dat van die persone wat uitgery het by die kuierplek, “só uitdagend was. Met die verkeerspolisie op die toneel, het hulle as hulle uitry op die teerpad gespin!”

 

 

 

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button