News

Swanger vrou beseer in ongeluk

’n Swanger vrou is beseer in ’n ongeluk Vrydagaand waar ’n bakkie deur die palissadeheining van die Oppi Plaas kuierplek gebars en teen die gebou tot stilstand gekom het.

Mense wat in die gebou was, sê die hele gebou het geskud toe die bakkie die muur tref.

Die ongeluk het omstreeks 22:30 plaasgevind, waartydens ’n Bantam bakkie oor die sypaadjie geklim en in sy weg ’n lamppaal en palissades uitgeruk en die gebou van Oppi Plaas in Keiskammastraat getref het.

Die bestuurder van die voertuig het aanvanklik uitgespring en ’n ent gehardloop, maar kort daarna weer teruggekom.

Omstanders skryf dit toe aan skok. Sy swanger vrou, wat ’n pasassier was in die bakkie, is per ambulans na die hospitaal geneem.

Interessant om te meld dat daar drie weergawes is van wat tydens die ongeluk gebeur het.

Kort na die ongeluk het ’n voertuig op die toneel gestop en vir van die werknemers van Oppi Plaas vertel dat hy agter die bakkie gery het.

Volgens hom was dit duidelik dat die Bantam bakkie en nog ’n voertuig wat langs hom gery het, in een of ander onderonsie was, want die twee voertuie het mekaar die hele tyd van die pad probeer druk.

In die daaropvolgende gebeure het die Bantam beheer verloor.

Vir een van die ander persone op die toneel, het die bestuurder van die bakkie (sy naam is nie bekend nie) gesê dat iemand hom van agter af gestamp het en hy toe beheer verloor het.

Daar was egter geen stampplek agter op die bakkie nie.

Hy het klaarblyklik ook gesê dat hy van Van Dyksdrif se rigting gery het, waarop ’n voertuig voor hom ingedraai het in sy baan in vanaf Oppi Plaas se rigting en hy toe beheer verloor het.

• Me. Daleen Swarts (eienaar van Oppi Plaas) is dankbaar dat daar nie van die besoekers of van haar personeel beseer is tydens die ongeluk nie.

Sy het gemeld dat daar derduisende rande se skade aangerig is aan die gebou en die palissades.

Hulle is reeds besig om die palissades te vervang.

• Mnr. Zylie Joubert, wat reg oorkant Oppi Plaas bly, sê die ongeluk is net weer ’n bewys dat daar geen wetstoepassing in dié straat is nie.

 

 

 

Do you have a news lead?

Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a WhatsApp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news.

Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news

Dear reader,

As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.

Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.

A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button