News

Titon fnuik diefstal, herwin R15 000 se buit

Meer as R15 000 se gesteelde goedere is deur Titon Security terug gevind na ’n diefstal by ’n mynmaatskappy Saterdagmore tussen 02:00 en 03:00.

Die boewe het weggekom maar hul buit in bosse agter gelaat, waar Titon Security dit herwin het.

Drie verdagtes is opgemerk waar hulle die perseel betree het en alarm is gemaak.

Luitenant Chris van der Walt, operasionale bestuurder van Titon, is uit na die perseel waar die gesteelde goedere binne 30 minute se ondersoek in bosse opgespoor is.

Stokke is deur die drie diewe gebruik om lyndrade te lig, waar hulle met die buit deur is.

Die goedere is aan die maatskappy se sekuriteitsbestuurder oorhandig.

Terwyl die diefstal afgespeel het, het die Sektor 3 en 4 radiogroepe massapatrollie saam met die polisie, GPF en Afriforum Buurtwag, gery.

Polisielede op patrollie het binne vier minute op die klag wat deur Titon deurgegee is, gereageer.

Die verdagtes kon nie opgespoor word nie, ten spyte van ’n wye soektog.

Die maatskappy wou nie geïndentifiseer word nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button