Jack Russell trek rinkhals plat
Daar was ’n hond met die naam Milo, al was hy grys om die bek, het hy ’n reuse rinkhals platgetrek!
Hierdie is nie ’n grap-gedig nie. Dit is die waarheid!
Milo, ’n dertienjarige Jack Russell, het Dinsdag nog voordat die Middelburg Herpetologiese Vereniging by die gesin se huis kon kom, sy eiendom beskerm en die slang só erg gebyt, dat hy later weens sy beserings gevrek het.
Mnr. Arrie Crous het www.mobserver.co.za gebel om “dringend ’n slangvanger se nommer te kry want daar is ’n groot kobra by my huis!”
Hul huishulp, Louren Zimu, het hom benoud laat weet dat daar ’n groot slang in hul erf is.

Milo en sy vyfjarige maatjie, Max (ook ’n Jack Russell), het egter glad nie gehou van die ding wat kort-kort sy kop bak gemaak en in hul rigting gespoeg het nie.
Terwyl Louren gewag het dat Belinda Kruger (Middelburg Herpetologiese Vereniging) moet opdaag, het sy op die stoep foto’s geneem terwyl Milo woedend al om die slang geblaf en kort-kort ’n byt ingekry het.
Teen die tyd wat Belinda daar aangekom het, het die slang die aftog geblaas en onder deur die muur geseil.

Die slang het egter kort daarna weens sy beserings gevrek.
Mnr. Crous sê hulle is met Milo na die veearts, want dit het gelyk of die slang hom in sy oë gespoeg het.
Die veearts by Central Vet Clinic and Franchising het hulle egter veseker dat Milo nie raakgepik is nie, maar dat daar net van die slangspeeksel in sy ogies gekom het.
Die hondjie is na behandeling ontslaan.
Mnr. Crous meld dat hulle op Ellisras gebly het en dat hul honde gereeld die slange verjaag het. Hy glo dit is hoekom Milo so heldhaftig was. Hy het trots afgesluit met: “Hier is ’n foto van Milo nadat hy die geveg gewen het: Milo 1, rinkhals 0!”

Do you have a news lead?
Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a WhatsApp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news.
Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news
Dear reader,
As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.
Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.
A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).
