News

Twee sterf in ongeluk met drie trokke en twee bussies

Twee mense is dood en ten minste vyf het ligte beserings opgedoen in ’n ongeluk gisteraand tussen drie trokke en twee bussies op die Vandyksdrifpad.

Die ongeluk het omstreeks 18:00, sowat ’n kilometer vanaf die Vandyksdrifbrug (oor N4) plaasgevind en verkeer was vir ten minste vyf ure ontwrig.

Volgens die polisie se mediakantoor het ooggetuies gesê dat ’n graaf van ’n laaigraaf (daar was talle agterop ’n trok) afgeval en ’n Toyota Quantum bussie getref het.

In die daaropvolgende gebeure het die trok, wat die grawe agterop gehad het, die pad verlaat en die veld in geploeg.

Nog ’n trok se remme het gefaal en die Quantum bussie getref. Op hierdie tydstip het nóg ’n trok in die ongeluk vasgery en is ’n VW kombi en die Quantum bussie tussen die twee trokke vasgedruk.

Twee mense in die Quantum bussie het op die toneel gesterf.

Die bestuurder van dié voertuig het ligte beserings opgedoen. Die ses insittendes van die VW Kombi is ook vir beserings behandel.

•Die hele toneel is eers omstreeks middernag opgeklaar.

In hierdie tyd is een baan (rigting Vandyksdrif) op ’n Stop/Ry basis hanteer vir beide kante en het verkeer teen ’n slakkegang beweeg.

• Motoriste het vertel dat daar sowat twee ure voor dié ongeluk nog ’n ongeluk op die Vandyksdrifbrug (oor N4) was tussen ’n trok en ’n minibus, waarin mense beseer is.

 

 

 

 

Do you have a news lead?

Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a WhatsApp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news.

 

 

Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news

Dear reader,

As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.

Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.

A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button