Vlermuis soek nie jou hare, maar goggas!
Daar steek géén waarheid in die ouvrou storie dat ’n vlermuis in jou hare gaan vaskoek nie. Hy gaan eerder die goggas vang wat in jou hare kan beland.
En waar kom die onheil-stories van uile vandaan? Hulle gaan net die ‘onheilige’ rotte uitroei, wat al die drade in jou huis opvreet!
Noudat jy weet hoe goed vlermuise en uile vir die omgewing is, kan jy gerus die gif wegsmyt en vir jou ’n vlermuis- en uilkas laat maak by Rudi en Veronica Els.
Op hierdie manier gee jy ’n heel nuwe habitat vir uile én hou die vlermuise en hul kleintjies uit jou dak uit.
Die Else het in 2015 begin uilkaste bou, maar toe mnr. Els weer voltyds begin werk, was daar nie meer tyd om dit te doen nie.
Weens die pandemie het hy onlangs sy werk verloor en dadelik weer aan die werk gespring om die kaste te begin bou.
Desjare het hulle net vierkante uilkaste gebou, maar met baie navorsing en hul liefde vir die natuur het hulle besluit om die besigheid uit te brei. Nou maak hulle net net twee verskillende tipes uilkaste nie, maar ook vlermuiskaste, patiomeubels en veeldoelige houtkassies.
Maar hoekom sal mense dan nou ’n vlermuis of ’n uilkas op hul erf wil hê?
Mnr. Els was nog altyd ’n natuurliefhebber en hulle vertel dat vlermuise en uile se natuurlike habitat vernietig word soos dorpe uitbrei.
Die meeste mense weet egter dat vlermuise wat in jou dak intrek, ’n erge probleem is.
Om hierdie probleem op te los, het mnr. Els intussen ’n toestel ontwerp sodat die vlermuise uit die dak uit kan kom, maar nie weer kan terugklouter nie.
As daar egter vir hom ’n kassie neergesit word, sal hy baie gou intrek, as hy sien hy kan nie terug onder die dak in nie. Die toestel is ingesluit by die prys van die vlermuiskas.
Me. Els sê mense besef nie die belangrike rol wat vlermuise in die ekosisteem het nie.
“’n Vlermuis kan in ’n uur se tyd ’n 100 muskietgrootte insekte vang. Dit is ook hoekom ’n mens hulle laatmiddag sien, omdat hulle agter die goggas aan is, wat uit hul gate kruip.”
Dit beteken dat hulle tot 1 000 insekte per nag vang.
Met hul vlermuiskas kan gesinne nou rustig wees met die idee dat die vlermuise nie in hul dakke mors nie, maar steeds die insekte uitroei.
Vlermuise hiberneer vanaf Mei tot Augustus en kry kleintjies tussen September en Desember.
Dit is belangrik om voor hierdie maande jou vlermuiskas te kry, om seker te maak die kleintjies vrek nie in die dak as die ouers nie weer kan terugklouter nie.
Waar die vlermuiskas opgesit word, kan mense net ’n bak onder sit vir die vlermuise se mis, want dit kan direk in jou tuin ingewerk word vir bemesting! “Nou kan jy sien dat daar meer voordele as nadele is om vlermuise in jou omgewing te hê!”
• Dit is net so belangrik dat mense moet weet dat daar beslis nog uile in die omgewing is en moet bly.
“Een uil kan sowat 2 000 rotte of muise in ’n jaar vang.”
Daar is hoofsaaklik twee uilspesies wat naby mense kan bly. Die nonnietjiesuil (wat meer gereeld op plase voorkom) en die gevlekte ooruil (wat in woongebiede te siene is).
Die Else bou twee tipes uilhokke.
Die een uilkas is rond vir die nonnetjies-uil en die vierkantige een is vir die gevlekte oor-uil.
“Uile sal gou korte mette maak van die rotte in jou omgewing en selfs boere kan die kaste op plase opsit om rotplae om hul store uit te roei en weg te hou.”
Me. Els sê die kaste word gemaak van dennehout en hulle sal op versoek ook ander hokkies, soos vir ganse, bou.
Hul voëltjievoerders en patiomeubels is net so gewild.
Vir enige navrae, bel Rudi by 084 645 3502 of stuur ’n WhatsApp na 072 942 5069.
• Van die uil- en vlermuiskaste, asook die voëltjievoerders sal voortaan by die die Houtlepel Vlooimark by Amora Voëlpark beskikbaar wees.
Do you have a news lead?
Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a WhatsApp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news.
Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news
Dear reader,
As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.
Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.
A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).
