Klein JAN: die juweel in die hartjie van die Kalahari
Op 1 April open Jan Hendrik van der Westhuizen se nuutste restaurant, Klein JAN in die hartjie van die Kalahari op die Tswalu Natuuurreservaat.

Hierdie restaurant en die omgewing waarin dit gebou is, is iets wat woorde nie kan beskryf nie.
Maar kom ons begin by die begin. Jan Hendrik is ’n oud-Middelburgse plaasseun wat wêreldbekend geword het met sy twee restaurante, JAN en MARIA (vernoem na sy ouma) in Nice, Frankryk.
Hy is ook die eerste Suid-Afrikaner wat die gesogte Michelinster vir uitnemendheid ontvang het! Tydens ’n toer deur die Kalahari het hy verlief geraak op die unieke, dorre uitgestrektheid van daardie streek, hul bevolking en veral hul tradisionele kookkuns. 
Die dag toe Jonathan Oppenheimer die honderdjaar oue Boscia opstal aan hom bekend gestel het, het hy net gewéét, hier is ’n leë doek van moontlikhede wat ten alle koste ingekleur moet word!
Om Klein JAN te begin, was vir Jan Hendrik ’n tuiskomsprojek. Hy het juis op hierdie naam besluit omdat dit die naam is wat sy ouma hom genoem het.
Twee en ’n halwe jaar gelede het hy en die Oppenheimers hande gevat en binne slegs ’n paar dae gaan hierdie ongelooflike restaurant nou sy deure wyd oopgooi vir die inwoners van daardie streek, die res van die land en natuurlik die wye wêreld daarbuite.
Gaste word vanaf die Tswalu Natuurreservaat se netjiese kampe na ’n plek geneem wat hulle eers vreemd na mekaar laat kyk. Daar is dan net ’n plaasopstal met ’n buitegeboutjie, ’n reuse boom, iets wat lyk soos ’n ou plaasdam, ’n draad met spierwit wapperende linne en ’n windpomp. Dan verander alles…. 
Aan die hand van foto’s en onderhoude met Jan Hendrik en sy ma, die welbekende Hessie van der Westhuizen, word ons deel van hierdie stukkie paradys in die Kalahari vlaktes.
Tydens ’n bekendstellingsgeleentheid vir eregaste soos die argitekte, bekende sjef Zola Nene en selfs ’n span van Carte Blanche, is daar in die kampe, die reservaat (wildsuitstappie) en in die Klein JAN restaurant gekuier. Hesse en haar vriendin, Retha Joubert, was ook daar. “Ons het het drankies in al die eenvormige bottels
gegooi, gehelp skoonmaak en selfs servette vou,” sê Hessie laggend.

Hessie onthou trots Jan Hendrik se toespraak by die Boscia Huis. “Hy het gesê Jan is soos ’n ysberg. Die puntjie wat jy sien met die Titanic is 10%. Die ander 90% moet nog ontdek word, of altans gaan Jan ons nog daarmee verras. Dit is net die begin.”
By die sinkdam het ’n deur die gaste teen trappe afgelei na die 25m ondergrondse kelder, waar die kos en wyn gehou word. Dit is vier meter ondergronds en is die oudste manier van kos en bestanddele stoor teen ’n temperatuur van vier grade en ’n humiditeit van 80%. In een van die vertrekke staan die pragtige koolstoof onder helder ligte. Dieselfde stoof waarmee Jan Hendrik groot geword het op hul plaas neffens Middelburg. 
Dié koolstoof is op Boet en Hessie se troudag vir hulle gegee. “Die vakansieplaas waar ek nou is naby Groblersdal is net te warm vir so ’n stoof en het ek besluit om hom vir Jan Hendrik te skenk vir Klein JAN.”
Sy het ook erdeware geskenk wat in die sop en broodkamer by Klein JAN uitgestal is. “Die erdeware kom uit my eie kombuis, asook sy oumas Wessie en Maria (Hessie) se kombuise uit.”
In ’n ander vertrek staan rye en rye resepteboeke wat hy geskuif het vanaf sy JAN Innovation Studio na Klein JAN. Die oudste boek, wat dateer uit 1901 uit, het hy
as geskenk gekry van Kobus Duvenage, die bouer van Klein JAN.

Interessant om te noem dat al die drank wat gebruik word, uit Suid-Afrikaanse kombuise kom, waarvan onder andere Middelburg se eie Gustav Pansegrouw!
Alhoewel die kelders ondergronds is, kyk die Klein JAN restaurant uit oor die Kalahari vlaktes en word gaste bederf met geregte wat gemaak is met bestanddele wat alles eie is aan dié gebied, soos Springbok en neute.
Jan Hendrik gaan wel terugkeer Nice toe om sy twee ander restaurante aan die gang te hou, maar sê hy “het my spannetjies orals. Ons kom al lang paaie saam en ek sal nogsteeds in Frankryk bly met maandelikse besoeke aan Kaapstad waar die JAN Innovation Studio is en dan ook Klein JAN in die Kalahari.” 
Hessie sluit af met: “Jan Hendrik het my geleer, omring jouself met positiewe mense wat jou opinie waardeer. Van kleins af het hy altyd geruik en geproe aan kos. Hy het ook gesê dat daar soveel lelik in die wêreld vandag is. Die mooi lê in die detail. Selfs in ’n lelike gebou is daar êrens iets mooi. Detail kan jy maklik miskyk! Jan Hendrik se dryfkrag was nog altyd goeie gehalte. Hy sê ook dat jy nie great hoef te wees om te begin waarvoor jy lief is nie, maar jy moet begin om eendag great te wees.”
• Die derde seisoen van die gewilde televisiereeks, JAN, op DsTV VIA kanaal 147, begin in Julie vanjaar en sal die hele verhaal van Klein JAN ook vertel word. Die storie van Klein JAN se ontwerpproses kan gelees word in “JAN the Journal, Volume 6”. Dit kan bestel word by janonline.com.

Volg Klein JAN op Instagram: @restaurantkleinjan #kleinjan #tswalu #jan. • Die bygaande foto’s is van die fotograaf Hanru Marais en foto’s wat Hessie
vir www.mobserver.co.za gestuur het.

Do you have a news lead?
Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a WhatsApp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news.
Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news
Dear reader,
As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.
Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.
A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).
