Skoolseun beroof, ooggetuies doen niks
Die dae van huistoe stap na skool is verby vir Middelburg leerlinge soos misdaad toeneem en jong mense se vryheid van beweging al hoe meer gesteel word.
Sò voel die ma van ’n 14 jarige seun, wat deur twee rowers met ’n mes gedreig is en vasgedruk is vir sy horlosie en selfoon, terwyl omstanders staan en kyk hoe hy om hulp roep.
Marlene Pereira-Ladeira, vertel hoe haar seun, Erhard, Vrydagmiddag vanaf die busstop naby die brandweerstasie huistoe gestap het. Sy moes haar dogter by die skool gaan haal in eMalahleni, en Erhard geniet dit om huistoe te stap.
Lees ook: HTS skoolseun beroof op pad skool toe
Erhard is op die hoek van Buitekant- en Walter Sisulustraat genader deur ’n man, wat aangedring het op sy horlosie en hom aan sy arm gegryp het. Erhard het begin skree vir hulp toe nog ’n verdagte uit die bloute verskyn het met ’n mes en sy arms vasgedruk het.
Die twee rowers het sy horlosie en selfoon gesteel.
Sy sê die twee rowers het nog die vermetelheid gehad om vir hom te vra waar hy woon.
Wat Marlene die meeste ontstel is dat niemand tot haar seun se redding gekom het nie.
“Walter Sisulu is ’n besige straat en die karre stroom daar verby, boonop was daar ’n vrou op die stoep van ’n prokureursfirma wat alles sien gebeur het en sy het ook niks gedoen nie.”
Lees ook: Rowers gryp leerlinge se tasse
Haar seun se hart is seer want die selfoon en horlosie was ’n verjaardaggeskenk.
“Hy was nog nooit ’n bang kind nie en hy is nie klein nie, so dit vat baie om my kind af te skrik en nou is hy bang vir stap.”
“Ek het nou maar besluit daar gaan niks meer stap wees nie. Ek sal my kinders self gaan haal.”
Marlene wou graag vir die die lede van Zello Noodgroep, Mid Alarms reaksie offisiere en haar twee susters, Zelna du Preez en Anzel Fouché bedank vir hulle hulp en ondersteuning na die voorval.
•Twee leerlinge van HTS Middelburg is ook twee weke gelde in die omgewing van Suid beroof.
Do you have a news lead?
Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a WhatsApp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news.
Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news
Dear reader,
As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.
Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.
A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).
