News

Vrou vertel van redding na boot omslaan

’n Groep mense wat Sondag op ’n bootvaart op Loskopdam was, het tot die redding gekom van vier hengelaars, wie se bootjie omgeslaan het.

Me. Carina Clarke (’n bekende Discovery agent) vertel dat hul hele familie van 11 omstreeks 16:30 nog op Loskop was vir die vaart.

Haar seun, Jacob Swart en kleinseun, Dewald Moore, het skielik opgemerk dat ’n bootjie, sowat 100m van hulle af, in die middel van die dam, omgeslaan het.

“Daar was ’n paar ander bote op die dam en die bootjie het oor twee van die golwe gekom. Hulle kon egter nie oor die derde golf kom nie en die boot het neus eerste in die golf beland en omgekeer.”

Hulle het dadelik die persoon wat die vaartboot bestuur, daarop gewys en hy het in die rigting van die bootjie gery.

Lees ook: Boot slaan om op Loskop

Me. Swart sê daar was ’n ouer man bo-op die omgeslaande bootjie en die ander drie het aan die boot gehang. Haar skoonseun, Andrew Blackbeard, het die veiligheidsbuoy vir hulle uitgegooi en die ander skoonseun, Petrus Etsebeth (van Perfect Water, Groblersdal) het gehelp om hulle aan boord te kry.

“Die hengelaars was heeltemal verskrik en was dankbaar vir die hulp.”

Sy het genoem dat almal gelukkig reddingsbaadjies gedra het.

Daar is intussen vanaf die vaartboot vir hulp gevra en daar het kort daarna nog ’n boot opgedaag met personeel van Forever Resorts Loskopdam.

Dié boot het die hengelaars opgepik en hul boot na veiligheid gesleep.

• Me. Clarke was beïndruk met die blitsige en professionele wyse wat die personeel van Forever Resorts Loskop opgetree het.

• Die name van die hengelaars is nie bekend nie.

 

 

 

 

Do you have a news lead?

Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a WhatsApp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news.

Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news

Dear reader, As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.

Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.

A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).

 

 

 

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button