Huis “ontplof” toe weerlig slaan
’n Geweldige weerligstraal het ’n huis getref en ligte en ander elektriese ware uitgeskiet.

Me. Yolandi Botha sê hulle kan net sê dankie dat die kamers se ligte al af was, anders kon hulle ernstige beserings opgedoen het.
Die gesin bly op die Elandslaagtepad, sowat 20km buite Middelburg en is omstreeks 20:00 bed toe.
Hulle het vroeg die aand al die weer ver hoor dreun, “maar dit was glad nie erg nie.” Kort na 20:00 was daar ’n geweldige slag en hulle het elektriese rook geruik.

Met nadere ondersoek het hulle eers besef hoe erg die weerlig die huis getref het. Ligte wat aan was, is uitgeskiet.
“Ons hele huis was vol glasstukke.” Al hul krag- en DB bokse, asook elektriese heining en hekmotors het ontplof.

“Dit het so geweldig ontplof, dat die swaar kasdeure, wat voor van die kragbokse was, oopgeruk is.” M
e. Botha sê dat al hul elektriese ware soos die televisie, ys- en vrieskas ook buite werking is. Hulle is egter baie dankbaar dat ’n Hoër Hand hulle tydens die slag beskerm het.

• Die gesin moes Dinsdag die huis se dak lig om elektriese herstelwerk te doen en slote grawe vir nuwe kabels.
•’n Huis het ook vroeër die jaar in Dennesig “ontplof” na ’n weerligstraal.

Do you have a news lead?
Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a WhatsApp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news.
Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news
Dear reader,
As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.
Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.
A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).
