Inwoners nou keelvol vir Boskrans stank
’n Geweldige rioolstank het Dinsdag feitlik die hele dorp omvou.

Die “groot stink” is al verskeie maal ook in die raadsaal aangespreek met oorlede burgemeester Bagudi Tolo wat telkemale gesê het die toedrag van sake is onaanvaarbaar, en ’n klad op die munisipaliteit se naam.
Opgraderings van die Boskrans rioolaanleg sloer nou al meer as ’n dekade.
Waar Dennesig en Kanonkop inwoners gereeld met die probleem moet worstel, het die reuk Dinsdagaand feitlik die hele dorp na die wasgoedpennetjies laat gryp.
Tientalle inwoners het hulle tot die Middelburg Observer se sosialemedia platforms gewend om te kla.
Me. Mandy Wess beskryf dit so: “Dis ’n suur reuk wat mens ’n hoofpyn gee en ’n naar gevoel op jou maag laat”.
Mnr. Dolf Joubert sê weer “dis regtig nie ’n plesier om in die stink gat te bly nie”.
In ’n afsonderlik plasing sê mnr. Marius van der Westhuizen “die stank van die rioolwerke wat elke dag oor Dennesig hang is maar net nog een bewys van ’n stadsraad wat onderhoud agterweë laat, en skep weliswaar ’n gesondheidsrisiko”.
DA koukusleier Johann Dyason sê “terugvoer van die munisipaliteit is dat wanneer daar langdurige beurtkrag is, het dit ook ’n negatiewe effek op die toerusting by Boskrans rioolwerke. Ek het dit gerapporteer en die munisipaliteit gee aandag daaraan”.
Damien Klopper van die DA het ook op inwoners se klagtes gereageer en beaam dat beurtkrag die rioolwerke tot stilstand gebring het, en die reuk teen Vrydag weg sal wees.
Do you have a news lead?
Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a WhatsApp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news.
Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news
Dear reader,
As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.
Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.
A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).
