Moenie vir Nicholis Louw by Go-2 Steakhouse misloop nie
Geniet ’n gesellige aand in die buitelig van die Loskopvallei met Nicholis Louw en William Blackrose in lewende lywe.

Die gewilde Go-2 Steakhouse Restaurant bied hierdie Vrydag (26 Maart), ’n aand van fantastiese musiek deur Suid-Afrikaanse legendes aan.
William Blackrose open om 17:00 met Nicholis Louw wat volg vanaf 20:00.
•’n Kontantkroeg en ligte etes sal beskikbaar wees.
•Kaartjies is beskikbaar teen R120 per persoon en R80 vir kinders onder 13.
•Veilige parkering binne die perseel is beskikbaar teen R50 per voertuig, alternatief sal gratis parkering bekikbaar wees buite die perseel.
Hekke open om 16:00.
Om jou kaartjies betyds te bespreek, besoek die volgende skakel: https://go2steakhouse.com/product/nicholis-louw-live-by-go2steakhouse-26-march-2021-2/
•Kaartjies sal by die ingang beskikbaar wees, afhangend van elektroniese besprekings.
