Oorlog verklaar teen indringers
Die Steve Tshwete Munisipaliteit se parke afdeling het oorlog verklaar teen indringers.
Die munisipaliteit se senior tuinboukundige, mnr. Mutshidza Marara, het aan die Ouklip VLU verduidelik hoekom die indringers verwyder moet word.
Indringerplante en -bome groei vinniger as die inheemse plante, dit hou ’n brandgevaar in, het ’n groot invloed op die produksie van aangeplante gesaaides en is nie ’n bron van voedsel vir die meeste diere nie.
Hy het gesê die munisipaliteit is besig om indringers te vernietig by die Klein Olifantsrivier en die oop veld in Tokologo (in Mhulzi), asook by ’n ontwikkeling van ’n Eko Park in Hendrina.
Hulle het ook die Pampasgras uit die Dennesigdam en die Athlonedam se indringerbome, Swart Wattels, verwyder.
In die oop spasies in Gholfsig het hulle die ringbasmetode gebruik waar die bas van die Blougombome verwyder is. Met hierdie metode gaan die bome dood en val om.
Van die indringerbome in ons dorp waarvan hulle korte mette wil maak, sluit in: Swart Wattel- en Bloekom bome, Sering (Melia Azedarach), Solanum Mauritianum (Bugweed), Robinia Pseudo Acacia (Black Locust), Pompombossie en die Wilgerboom, wat 90 liter water per dag gebruik.
Nadat die bome afgesaag is, word die afgesaagde gedeeltes wat agterbly met onkruiddoder behandel.
Baie van die bome wat verwyder word, word geskenk aan mense wat byvoorbeeld tuinstoele en -versierings maak en dit verkoop vir ’n inkomste.
Hy het dit duidelik gestel dat alle bome en plante wat verwyder word, vervang word met inheemse bome en plante.
• Mnr. Marara het van al die indringerplante waaroor hy gepraat het, voorbeelde vir die vroue gewys.
Hy en sy span van die parke het verder ook twee inheemse bome, ’n Karee- en ’n Hardekoolboom (Combretum) geskenk.
Dit is geplant by die Presbiteriaanse Kerk, waar die Oukliptak al vir jare een keer per maand vergader.
Do you have a news lead?
Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a WhatsApp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news.
Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news
Dear reader,
As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.
Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.
A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).
