News

Kampvegter teen plaasaanvalle tereggestel

Was die man wat naby Damwal in Limpopo soos ’n hond weggegooi is, nadat hy tereggestel is, die slagoffer van die veediefstalsindikate wat die land teister?

Dit is die vraag nadat hy die week uitgeken is en dit bekend geword het dat hy by die polisie waghond (OPOD) gaan kla het oor sy behandeling nadat hy veediewe aan die kaak gestel het.

Lungile Psychology Mnisi (45) was ’n kampvegter teen plaasaanvalle en self ’n reservis en kleinboer.

Hy het die Breyten polisie bygestaan as reservis.

Mnisi is verlede Vrydag deur familie uitgeken, nadat hy op 15 Februarie as vermis aangemeld is, en ’n maand later in die bosse tussen Mossienes Kwekery en die Loskopdamval gevind is, met ’n skietwond aan sy kop. Sy hande was vasgebind agter sy rug.

Mnisi se broer, Enoch Mnisi, sê dat hy geboer het op familiegrond in die Breyten area.

Hy is beskryf as ’n liefdevolle pa van twee minderjarige dogtertjies en was baie toegewyd aan sy gemeenskap.

Hy was uitgesproke teen plaasaanvalle en moorde, en die toename van misdaad in landelike areas het hom aangespoor om aan te sluit as reservis.

Toe Enoch gevra is of die familie ’n vermoede gehad het waarom hy vermoor is, het hy gesê dat sy broer verlede jaar November of Desember gearresteer is.

Enoch en die familie was bekommerd oor die arrestasie.

Sy broer het onthul dat hy verdagtes wat betrokke was in ’n veediefstalsaak gearresteer het, maar dat die polisie hom toe in hegtenis geneem het, nadat hy beskuldig was van aandadigheid.

Hy het na die arrestasie ’n saak aangemeld by die Onafhanklike Polisie Ondersoek Direktoraat (OPOD). Die saak was nog hangende toe Mnisi verdwyn het en sy oorskot ’n maand later gevind is, 150 kilometer van sy tuisdorp af.

Navrae is gerig aan die provinsiale mediawoordvoerder van die SAPD, brig. Leonard Hlathi, maar geen kommentaar is ontvang nie.

•Lungile Mnisi is Donderdagoggend in Breyten begrawe.

•Gemoedere het verlede jaar hoog geloop na die wrede moord op die 21-jarige Vrystaatse plaasbestuurder Brendin Horner buite Paul Roux.

Horner se lyk is gevind waar dit aan ’n paal op ’n oop stuk grond op die plaas De Rots vasgebind was.

Hy het vermoedelik sy aanvallers betrap terwyl hulle vee op die plaas wou steel. Dit het later aan die lig gekom dat veediefstalsindikate ’n skrikbewind voer en senior polisiemanne is by die misdade betrek.

 

 

 

 

 

Do you have a news lead? Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a WhatsApp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news. Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news Dear reader, As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).

Back to top button