Is trok gesteel of trokdrywer gekaap?
Die eienaar van ’n trok wat gister verdwyn het, weet nie of sy drywer gekaap is nie.
Mnr. Koos van der Woude sê hulle was besig om rommel te verwyder in die area waar die nuwe hospitaal gebou word agter die Middelburg Mall.
“Hy moes terugkom en nog rommel kom laai. Ek het met die trokbestuurder gepraat en hy het gesê hy is op pad. Daarna kon ons hom nie weer in die hande kry nie. Sy vrou kry hom ook nie in die hande nie. Die opsporingstelsel is ook buite aksie gestel, so ons weet nie waar die drywer óf die trok is nie.”
Dit is ’n geel en oranje Volvo trok (sonder vrag), registrasienommer JMR668MP.
As enigiemand die trok gewaar, bel mnr. Van der Woude by 082 746 1252.
• Mnr. Van der Woude wou nie die bestuurder van die trok se naam bekend maak sonder sy familie se toestemming nie.
Do you have a news lead?
Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a WhatsApp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news.
Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news
Dear reader,
As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.
Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.
A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).