Ongeluk op selfde pad waar meisie sterf
Net ’n maand nadat ’n 22-jarige meisie in ’n motorfietsongeluk op die Belfast/Dulstroompad gesterf en haar vriend ernstig beseer is, was daar gister weer ’n ongeluk op dieselfde pad.
Krysten Butcher het op 1 Maart in die ongeluk, wat tussen Belfast en Dullstroom gebeur het, gesterf.
Haar vriend, Ollie (Evert) Coetzee het die onderste deel van sy been verloor in die ongeluk en is steeds in die Witbank Hospitaal waar hy vir ernstige beserings behandel word.
Twee dae nadat hy in die hospitaal opgeneem is, is die res van die been, net onderkant die heup, geamputeer.
• Motoriste het laat weet dat daar gister (Dinsdag) weer ’n ongeluk in dieselfde omgewing was.
Na wat verneem word het die bestuurder van die voertuig uitgeswaai vir ’n slaggat in die pad, beheer verloor en het die voertuig gerol.
Niemand is ernstig beseer nie.
Do you have a news lead?
Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a WhatsApp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news.
Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news
Dear reader,
As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.
Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.
A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).