News

Vloekende man met mes en toe klap die vuiste

Die rede vir nog ’n geveg by Opi Plaas kuierplek was glo ’n aggressiewe man wat vroue gevloek en ’n mes rondgeswaai het ’n Paar weke gelede het jong mans mekaar by dieselfde kuierplek getakel.

Saterdagaand se geveg was meer gewelddadig en ’n mens kan op die videomateriaal sien hoe ’n vrou op die grond met ’n man stoei.

Ooggetuies (wat anoniem wil bly) sê ’n man het laataand by die kuierplek ingestorm en op almal begin skree.

“Hy het nie daar gekuier nie en het van buite af ingekom. Hy was aggressief en het selfs op die werknemers van Opi Plaas gegil. Hy het almal beskuldig dat hulle sy vrou ontvoer het!” het ’n ooggetuie gesê.

Kort daarna het hy met erge kragwoorde losgetrek en vulgêre woorde teenoor vroue gebruik.

Van die mans het hom gevra om die perseel te verlaat, hy is al vloekend na buite, waar hy ook die mans en vroue gevloek het.

“Ek onthou dat ’n groot ou hom geklap het om hom te kalmeer, want hy het ’n mes op een van die mans getrek. Die klap was so hard dat jy dit tot binne kon hoor. Hy het egter nie kalmeer nie.”

Dit was vir ’n rukkie stil en die werknemers en die meeste persone wat daar gekuier het is na binne.

Kort daarna het ’n geveg buite die kuierplek uitgebreek, maar dit is onseker of dit te doen het met dieselfde man.

• Mnr. en me. Chris en Daleen van Zyl (eienaars van Opi Plaas) sê hulle weet wel van die man wat kort voor sluitingstyd van buite af ingekom het en op mense geskree en gevloek het, aangesien hul werknemers hul daarvan vertel het.

Hulle het nie geweet van die buite-geveg nie.

Hulle het dit duidelik gestel dat álle bakleiers lewenslank verban word.

“Dit is so jammer dat hierdie dinge gebeur. 70% van die mense wat daar kom, gedra hulle en dan is daar ’n handjievol wat soms moeilikheid maak.”

Mnr. Van Zyl sê daar gaan egter nou ernstig opgetree word en bakleiers sal aan die polisie oorhandig en vervolg word.

“Ons gaan verder siviele aksies teen hierdie bakleiers begin, want hulle beswadder Opi Plaas se naam met hul bakleiery!”

• Mnr. Zylie Joubert, wat reg oorkant die kuierplek bly, het onlangs in ’n sterk bewoorde brief gekla oor die geraas en drankmisbruik oor veral naweke by Oppi Plaas.

Me. Swart het teruggekap deur te sê dat mnr. Joubert met ’n kettie na die gebou geskiet het.

Hy het dit ten sterkste ontken en gesê hulle het net aangeneem dis hy, omdat hy die betrokke dag in sy oprit gestaan het.

https://www.youtube.com/watch?v=-nPvYeoZVEk

Do you have a news lead?

Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a WhatsApp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news.

Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news

Dear reader,

As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.

Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.

A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button