News

Man wat obsessief was oor seuntjie sê hy is ’n weerwolf

’n Ma wat ’n saak by die polisie gaan maak het omdat ’n man obsessief is oor haar 12-jarige seuntjie, wonder of hy nie moontlik by okkulte betrokke kan wees nie.

Sy het vir ’n joernalis van www.mobserver.co.za vertel dat sy en haar seuntjie in ’n kamer bly in ’n huis, waar die man ook bly.

Kort nadat hulle daar gaan woon het, het hy met die kind begin kuier en saam met hom X-Box speletjies gespeel. Sy het aanvanklik gedink dat hy net beskermend is oor haar seuntjie, want hy het vir haar kind vertel dat hyself ook ’n kind het.

Nadat hy egter allerhande goed vir haar kind belowe het, haar sleg gemaak het in stemboodskappe by haar kind en hom gepeper het met stem- en WhatsApp boodskappe, het sy besluit om die kind nie verder aan hom bloot te stel nie.

Van die stemboodskappe sê byvoorbeeld: “ek sal jou kontak as jy bietjie ouer is,” en “ek bel maar jy antwoord nie” en ook “gaan ek jou nou more sien of nie!”

Die man het selfs aggressiewe boodskappe vir die kind se neef gestuur as hy die seuntjie nie in die hande kon kry nie.

Sy het die kind weggehou, maar dit het net erger geraak en het hy verlede naweek boodskappe vir die kind gestuur wat haar hare laat rys het.

Hy wou hê die kind moes hom buite ontmoet en vir hom gesê hy is deel van ’n groep weerwolwe, maar dat hy hom sal beskerm.

In ’n stemboodskap sê hy onder andere: “Ken jy die supernatural order? Ek gaan nie my volle transformation wys nie. My twee buddies sal egter full out wees. Wees net geduldig, moenie skrik nie.”

In die talle boodskappe sê hy ook: “Ons gaan elke derde of vierde aand uit om te kuier, dan gaan ons dam toe en word voluit wat ons is. Dit is wanneer ons full out is met die jag. Hulle lees my mind en ek lees hulle s’n.”

Omdat sy bang was dat die man haar kind verder gaan teister en wil blootstel aan die bonatuurlike, het sy besluit om ’n lid van die gemeenskapspolisiëringsforum daarvan te vertel.

Hulle het die man voorgelê toe hy uitgaan om die kind te ontmoet.

Daar was nie ’n polisievoertuig beskikbaar nie en GPF-lede het hom gearresteer en aan die polisie oorhandig.

Die oomblik toe hulle sy selfoon oopmaak, was die seuntjie se foto op die foon se agtergrond en omtrent 20 ander minderjarige seuns en dogters se foto’s. Dit was duidelik dat hy die foto’s van Facebook aflaai en moontlik ook met die kinders gesels.

Die ma sê sy was buite haarself toe sy haar kind se foto’s op sy selfoon en skootrekenaar sien en wou hom met die vuiste takel, maar die GPF-lede het haar gekeer.

By die polisiestasie is haar verklaring geneem en die man laat gaan “weens ’n gebrek aan getuienis”.

’n Polisieman het wel vir haar gesê dat daar gekyk sal word of ’n saak wel ondersoek kan word en sal hulle haar laat weet.

Tot op hede het sy egter nie ’n saaknommer gekry nie en het die polisie haar ook nog nie weer gekontak nie.

• Volgens die ma het die seuntjie intussen vir haar vertel dat die man sy hand by sy hemp ingedruk het en oor sy bors en rug gevryf het.

Die kind is ook vreesbevange en wil nie eers buite met sy fiets gaan ry nie.

Do you have a news lead?

Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us. Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a WhatsApp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news.

Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news

Dear reader,

As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.

Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.

A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button