News

Rower klim teen kruis op – beroof bejaarde vrou

’n Rower het teen ’n kruis voor ’n erf opgeklim, om toegang tot die erf te kry en die hek oop te skuif vir sy makkers.

’n Rower het teen ’n kruis voor ’n erf opgeklim, om toegang tot die erf te kry en die hek oop te skuif vir sy makkers.

“Terwyl hy die wapen onder my ken gehou het, het ek ‘bloed van Jesus’ die hele tyd geprewel,” het die bejaarde vrou, wat later deur die drie rowers aangehou is, vanoggend gesê.

Die vrou en haar dogter (wat verkies om anoniem te bly) het vertel van die traumatiese gebeure Dinsdagmiddag by die dogter se huis in Umlaasstraat (Aerorand).

Die dogter is gou dorp toe en het vir haar ma, wat baie swaar loop omdat sy ’n beroerte gehad het, gevra om dadelik agter haar te sluit. “Ek los die motorhuis ’n entjie oop, sodat die hondjies in en uit kan gaan,” vertel die dogter. Sy het haar ma aangesê om die kombuisdeur, wat toegang het tot die motorhuis, te sluit.

Die bejaarde vrou het ingegaan en besluit om net eers gou ’n draai by die badkamer te maak en dan die deur te sluit.

Met haar terugkeer, het daar drie mans in die huis gestaan. “My ma het aanvanklik gedink dit is die mense van die sekuriteitsmaatskappy, want daar was die oggend probleme met die battery van die alarmstelsel.”

Die een booswig het haar aan die arm beetgekry en gedwing na ’n sitkamerbank, waar hy die skraal vroutjie hard op haar skouer gedruk het om te gaan sit.

Sy het geskree, maar hy het vir haar geskree: “hou jou bek!” en ’n handwapen onder haar ken gehou. Sy het die hele tyd die bloed van Jesus op haarself afgebid.

“Ek het ’n gehoorprobleem en kon nie alles hoor wat hulle sê nie. Omdat ek swaar loop as gevolg van die beroerte wat ek gehad het, kon ek ook nie weghardloop toe hulle my daar in die sitkamer los nie.”

Haar dogter sê CCTV videomateriaal van die bure, wys hoe die voertuig ’n paar keer die toeter blaas. Die bejaarde vrou het weens haar doofheid nie die toeter gehoor nie,

Die gesin vermoed die rowers het die huis dopgehou. Hulle het klaarblyklik aangeneem daar is niemand tuis nie, aangesien daar geen reaksie van die huis se kant af was nie.

Een van die rowers het die kruis voor die huis gebruik om oor die muur te klouter, die hekmotor buite aksie gestel en die hek oopgeskuif. Hy het ook die motorhuis oopgemaak.

Die silwer Ford Focus het daarna omgedraai in die pad en in trurat by die motorhuis ingery.

Hulle het met die voertuig in trurat by die motorhuis ingery. Regs op die foto kan ’n mens die kruis sien voor die muur waarteen die rower opgeklim het om oor die muur te klim.

• Die booswigte het verskeie elektriese ware gebuit, waaronder: vier televisies (vyfde is beskadig omdat hulle hom nie van die muur af kon kry nie), ’n X Box, ’n Playstation, ’n IPhone en ’n koffiemasjien.

In die hoofslaapkamer het die boewe in die een hangkas die drie pare vrouetekkies (twee pare Nike en een paar Adidas), asook T Hemde, handsakke, ’n troupand met diamante in en twee Fossil horlosies gevat.

• Die bejaarde vrou sê die rowers het aldrie maskers gedra, soos wat almal dra vir die Covid-19 virus. Sy sê die jonger een van die drie was baie netjies geklee.

• Op die CCTV videomateriaal kan ’n mens sien dat daar ’n duik is op die linkerkantste passasiersdeur van die Ford Focus.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button