News

Negejarige verloor bewussyn na hy in mangat val

’n Negejarige seuntjie het skraapwonde opgedoen en sy bewussyn vir ’n rukkie verloor, nadat hy in ’n mangat op ’n sypaadjie geval het.

“Ons leer altyd ons kinders om op die sypaadjie te loop uit die pad van die verkeer, maar nou het my kind in ’n gat geval op die sypaadjie! Ons wil nie eers meer gaan stap nie,” het me. Angelique Boshoff vanoggend gesê.

Die familie, wat bestaan uit mnr. en me. Melgie en Angelique Boshoff en hul kinders Edmund (11), Melcolm (9) en Adriaan (2) het op 4 April teen skemerdonker in Skuinsstraat (Hendrina) gaan stap.

“Ons as gesin gaan stap gereeld,” vertel sy.

“Die volgende oomblik het Melcolm gegil, maar ons kon hom nie sien nie! Edmund het geskree: ‘hier is hy, hy het in ’n gat geval!”

Die mangat was so diep dat Melcolm se beentjies nie onder kon raak nie en het hy aan die kante van sy mangat vasgegryp toe hy inval.

Me. Boshoff sê sy was besig om hom te troos, toe hy skielik vir haar sê: “Mamma, ek kry nie asem nie!” en hy het voor haar “pap” geword.

Mnr. Boshoff het hom by haar gevat, sy armpies in die lug gehou en sy ruggie gevryf.

“Hy wou nie bykom nie en my man moes op sy borsie begin druk. Ek het hom gevat, op sy sy neergelê en sy rug gevryf, waarop hy histeries bygekom het.”

Hulle het hom opgetel en is vinnig met hom huistoe om te kyk of hy seergekry het.

Melcolm het skraapwonde op sy een been ook opgedoen.

“Sy bors en ribbes was seer met die impak toe hy vasgegryp het en hy het ’n stukkende plek op sy been gehad wat ons skoongemaak het.”

Hulle is daarna na die polisie toe om hulle van die gevaarlike gat te vertel.

“Toe ons later die aand weer daar verby ry, het ons gesien daar staan dronk mense naby die gat en het ons weer die polisie daarvan verwittig.”

Melcolm Boshoff (9) het sy bewussyn verloor nadat hy in ’n mangat geval het en moes sy ouers noodbehandeling toepas om hom by te kry.

Hulle het die Steve Tshwete Munisipaliteit ook in kennis gestel die volgende oggend, wat later verlede week die gat met konkruit geseël het.

Me. Boshoff was hewig ontsteld oor die gebeure.

“Die seerplekkies wat Melcolm opgedoen het, is nie erg nie, maar hy het opgehou asemhaal. Wat as ons hom nie kon bykry nie? Ons kan net dankie sê dat God hom opgepas het.”

Die mangat op die sypaadjie waarin Melcolm geval het. ’n Mens moet mooi kyk voor jy die gat sien.

 

Do you have a news lead?

Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us.

Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a whatsapp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news.

Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news

Dear reader,

As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.

Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.

A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button