News

Vermiste inwoner by Mall gekry

Na kommer oor mnr. Jan Brink, ’n oud-Bethal siviele ingenieur se veiligheid, het noodgroepe bevestig dat hy in die Middelburg Mall gevind is.

www.mobserver.co.za het vroeër berig oor mnr. Brink se verdwyning, nadat Koppiestraat bestuurder, Olga Smith, hom as vermis aangemeld het.

Hy was ongeveer 15:00, Maandagmiddag laas saam met sy seun gesien, en het daarna verdwyn sonder sy besittings of om sy woning by die huisprojek te sluit. ’n Soektog is van stapel gestuur, nadat sy seun, Jock Brink, weg is in Jan se bakkie.

Pastoor Jannie Jacobs van Oorwinnaars Halfweghuis, het bevestig dat Jock oor die naweek by hulle aangeklop het vir hulp met sy heroïneverslawing.

Pastoor Jannie vertel dat Jock genoem het dat hy Oorwinnaars wou verlaat, maar dat hy hom kon oorreed om te bly. Jock het homself Sondagoggend laat uitgeteken.

’n Beroep is op die gemeenskap gedoen om te help soek na mnr. Brink, nadat dit aan die lig gekom het dat Jock sy pa al jare misbruik om sy verslawing te voed.

Jan Brink se suster (wat anoniem wou bly) het beweer dat Jock sy pa uit al sy geld gemanipuleer het.

Jock Brink.

Die familie het vertel dat Jan, wat nou net ’n skadu is van die man wat hy eens was, op ’n tyd ’n gerespekteerde ingenieur was.

“Daar is nie ’n dam, brug of treinspoor wat daai man nie kon bou nie.”

Jan ly aan alzheimers en die familie moes op ’n tyd finansieel help nadat sy geld klaar geraak het. Daar was ook menigmale aangebied om vir Jock se rehabilitasie te betaal.

Die familie sê dat Jan voorheen op ’n plot gebly het in Vaalbank, en dat die eienaar geskok was hoe gewelddadig Jock teenoor sy pa opgetree het. Sy het die familie gekontak om hulle in te lig oor hoe hy sy pa na bewering “gevloek en geskel het.”

•Me. Smith het bevestig dat Jan Brink ongedeerd by die Mall gevind is.

Hy het die aand by die weegbrug op die ou Witbankpad geslaap in sy bakkie en is daarna by die Mall gesien.

Sy seun, Jock, is skoonveld.

Do you have a news lead?

Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us.

Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a whatsapp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news.

Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news

Dear reader,

As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.

Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.

A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Check Also
Close
Back to top button