News

Vrou veg vir lewe teen aanvaller met mes

’n Vrou vertel hoe sy vir haar lewe geveg teen ’n aanvaller wat haar met ’n mes gesteek het.

Anke Strydom (39), is erg getraumatiseer deur die gebeure wat plaasgevind het op hul plot op Sundra. Hulle bly die afgelope ses jaar daar.

“Hy het sy hand opgelig om my met die mes te steek, waarop ek met my linkerarm gekeer en hy my dwarsdeur die arm gesteek het met die mes.”

Anke herleef oomblik vir oomblik weer die gebeure van Dinsdagoggend.

“Ek was ekstra paraat want ek het ’n e-pos oor die naweek ontvang van hom af waarin hy vir my vertel het dat hy in ons huis was en my e-posadres op my skootrekenaar gekry het. Hy het daarin gesê presies wat ek elke dag doen.”

Die e-pos wat die man vir haar gestuur het.

Sy en haar man, Gerrit (oud-leelring van HTS Middelburg) het nadat hulle dit ontvang het, dit aangemeld by die polisie.

Haar ma, wat net ’n entjie van hulle af op die plot bly, was Dinsdagoggend by haar en haar gevra om weer die deur te sluit.

Anke het omstreeks 10:00 die deur effens oopgemaak sodat die klein hondjies kan inkom.

Dieselfde oomblik het die booswig die deur oopgestamp en bo-op haar gespring.

Sy onthou dat hy blou sjirurgiese handskoene aangehad het, want hy het haar die hele tyd met die vuis in die gesig geslaan, terwyl hy bo-op haar gesit het.

Hy het vir haar geskree: “don’t fight!” en met die een hand op die grond vasgedruk en met die ander hand met die vuis geslaan.

Die plek waar sy met die aanvaller geveg het.

Met bomenslike krag het sy aangehou veg en hom met die knie gestamp, waarop sy kon opspring. Hy het haar egter teruggeruk en met die mes probeer steek. Toe sy instinktief met haar linkerarm keer, het hy haar dwarsdeur haar voorarm gesteek.

Sy het losgeruk en na die hoofslaapkamer gestorm, waar sy teen haar seun se bed op die grond gaan sit het, met haar voete teen die deur gedruk. Haar aanvaller het die hele tyd teen die deur gestamp.

Terwyl sy so gesit het, het sy ’n vuurwapen teen die muur sien staan en hom gegryp. Die oomblik toe die booswig deur die deur storm, het sy die wapen in sy gesig gedruk en geskree: “I will shoot you.”

Dit het hom ontsenu en het hy omgespring en weggehardloop.

Van die bloedspatsels teen die mure soos sy weg gehardloop het.

“Hy het vir my gekom, want my handsak het by die deur gestaan en hy kon hom net gevat het. Hy wou kom om my dood te maak.”

Anke het per radio die buurtwag ontbied en haar ma het haar hoor skree.

Hulle het met haar na ’n hospitaal in Springs gejaag, waar haar wonde met steke geheg is.

Die plek waar die aanvaller haar met die mes dwarsdeur haar arm gesteek het, is met steke geheg.

’n Poging tot moord saak is by die Sundra polisie geopen.

• Bure se tuinier het later dieselfde dag gesê dat hy ’n onbekende persoon die afgelope tyd op ’n gedeelte van die plot, wat hulle nie gebruik het nie, sien rondloop het.

• Die aanvaller is steeds op vrye voet.

• Gerrit is die seun van bekende Middelburger, Naas Strydom.

Do you have a news lead?

Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us.

Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a whatsapp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news.

Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news

Dear reader,

As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.

Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.

A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button