News

‘Moerse’ borde by ‘moerse’ slaggate

’n Vrou wie se 22-jarige dogter gesterf het in ’n motorfietsongeluk naby die erge slaggate tussen Belfast en Dullstroom, is dankbaar dat daar nou oral groot borde op is.

Die Dullstroom Boerevereniging het hul moue opgerol en borde en vlaggies oral in die area opgesit, nadat daar die afgelope jaar talle ongelukke was.

“Die ma van die dogter wat in ’n motorfietsongeluk was, het ons gebel en dankie gesê vir wat ons probeer doen. Sy het gesê dit sal nie haar dogter terugbring nie, ‘maar dit sal darem keer dat daar nie nog mense op die pad sterf nie,” het ’n lid van die bestuur van Dullstroom Boerevereniging (wat anoniem wil bly) vanoggend gesê. Krysten Butcher het op 1 Maart in die ongeluk, wat tussen Belfast en Dullstroom gebeur het, gesterf.

Haar vriend, Ollie (Evert) Coetzee, het die onderste deel van sy been verloor in die ongeluk en is steeds in die Witbank Hospitaal, waar hy vir ernstige beserings behandel word. Twee dae nadat hy in die hospitaal opgeneem is, is die res van die been, net onderkant die heup, geamputeer.

’n Maand later, sowat twee weke gelede, het ’n voertuig uitgeswaai vir ’n slaggat, beheer verloor en het die voertuig gerol.

Motoriste wat die pad daagliks gebruik, sê dat daar daagliks voertuie langs die pad staan om bande te ruil, wat beskadig word deur die gate in die pad.

Hulle het self ook die chevronbordjies by die departement gaan haal en opgesit by die groot gate.

• Die lede van die Dullstroom Boerevereniging het waarskuwingsborde by die provinsiale Departement van Paaie en Vervoer gaan haal en self opgesit om mense te waarsku om versigtig te ry.

Hulle het ook by die “Slaggat” gevaarborde, die woorde ‘moerse’ aangebring en op die teeroppervlakte self die woorde “Slow” geverf.

Verder het een van die lede ’n goudgeel reënjas opgesny om ook vlaggies langs die pad aan te bring. “Ons het dit kort voor die Paasnaweek gedoen en het dadelik ’n verskil opgemerk op die pad. Daar is egter steeds mense wat alles ignoreer en op die pad jaag en dan skade aan hul voertuie opdoen.”

• Kort voor hulle die borde opgesit het, het hulle opgemerk dat daar werkers is wat besig is om sand in die gate te gooi.

“Dit help niks, want dit is nie eers vasgeslaan nie en met die eerste reëns spoel dit eenvoudig net weg.”

Die Dullstroom Boerevereniging se lede het hul moue opgerol en ingespring om gevaarborde op te sit. Alhoewel hul hande vol verf geraak het om op die teeroppervlakte te verf, is hulle dankbaar dat hulle motoriste kan waarsku.

 

Do you have a news lead?

Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us.

Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a whatsapp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news.

Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news

Dear reader,

As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.

Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.

A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button