Groen-en-goud beïndruk op hokkieveld
Hoërskool Ben Viljoen se dogtershokkiespanne het ’n besige week van uitdagende ligawedstryde aangepak.
Hoërskool Ben Viljoen se dogtershokkiespanne het die afgelope week hul staal gewys tydens ’n reeks Limpopo Grootskole-ligawedstryde teen Stanford Lake College en Merensky Landbouakademie.
Die Dallers het eers die lang pad na Haenertsburg aangepak voordat hulle later die week weer in Tzaneen in aksie was.

Die wedstryde het vir intense oomblikke, sterk spanwerk en groot deursettingsvermoë gesorg, met elke span wat alles op die veld gegee het.
Van taai verdediging tot strategiese spel en ware Dallergees – die groen-en-goud het gewys dat hulle gereed is vir die uitdagings van die seisoen wat vinnig momentum opbou.
•Lees die volledige wedstryduitslae en meer oor die spanne se vertonings in hierdie week se uitgawe van die Observer Daller.







