News

‘Die brandlelie blom weer’

Die vorige eienaar van Clubville Apteek, Susan Potgieter, het ’n brief van bemoediging aan die huidige eienaars en personeel van die apteek geskryf.

Susan Potgieter

Terwyl ek voor die afgebrande Clubville apteek staan, gaan my gedagtes terug ongeveer 30 jaar.

Ons tender om die “Dispensary Apteek” langs die “Jode Dokters Praktyk, Patz en Vennote” oop te maak is aanvaar en so het Clubville Apteek die lig gesien.

Ons wou ’n ander soort apteek gehad het. ’n Apteek waar ’n mens maar ’n mens kon wees. Waar ons saam met ons kliënte/pasiënte kon gesels, eet en koffie drink, maar waar hulle tog professionele diens en raad kon kry.

Clubville Apteek was nog altyd daardie soort plek waar oud en jonk, verskillende tale en nasionaliteite, persoonlik met diens bedien is.

Clubville Apteek het ook groeipyne beleef, die druk van groter wordende groepe waar druk van alle kante beleef, ervaar is, maar die belofte was altyd daar.

“For in time of trouble, He shall hide me in His pavilion in the secret of His tabernacle shall He hide me, He shall put me upon a rock.”

Dit was so. Clubville Apteek was eenkant, amper weggesteek, maar ’n plekkie waar mense, mens kon wees.

Ons het Clubville Apteek in 2016 aan twee entoesiastiese jong aptekers verkoop. Jacqui Clapton met ’n Meestersgraad in Farmasie Praktyk en Hannes Clapton met ’n Meestersgraad in Farmakologie en ’n MBA, twee baie bekwame mense.

Hannes en Jacqui het Clubville Apteek werklik na nuwe horisonne geneem, na hoër hoogtes.

Hulle is altyd gretig om te leer en toe te pas wat hulle by ons ouer garde kon leer en saam met hulle kennis kon toepas.

Ons wil baie dankie sê aan al die kliënte wat Clubville Apteek vir baie jare ondersteun en bygestaan het. Julle het ons goed behandel en saam-saam het ons mekaar as vriende geslyp.

Aan almal wat nuut is by Clubville Apteek, wil ons sê ons vertrou dat julle nog saam met Hannes en Jacqui en hul personeel baie jare diens gaan geniet.

Hul bekwame span bestaan uit Charné en Annalie (langste daar), Gerda en Sulita (ook meer as 10 jaar daar), Reghard (meer as drie jaar), Anri (twee jaar) en Sera en Salomie (baie jare diens).

Na ’n brand op ’n plaas buite George, stap die eienares deur die swartgebrande veld en sy sien oral hoe ‘brandlelies’ hulle verskyning gemaak het na die verwoestende brand.

“Fire lilies represent love and passion.”

Clubville Apteek, die brandlelies blom weer. Laat jul liefde en passievolle lewens steeds liefde en passie in jul kliënte wek.

• Die Clubville Apteek het Maandagaand afgebrand, maar Dinsdag was die personeel reeds weer op hul pos onder ’n gazebo voor die apteek om pasiënte en kliënte te help.

• ’n Volledige berig verskyn in die Vrydag uitgawe van die Middelburg Observer.

Do you have a news lead?

Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us.

Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a whatsapp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news.

Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news

Dear reader,

As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.

Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.

A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Back to top button