News

Man vas na staalpenne in pad

'n Verdagte wat positief verbind word met die skerp voorwerpe wat op die N4 gegooi word en mense dan beroof, is Donderdag in Gauteng gearresteer.

‘n Verdagte wat positief verbind word met die skerp voorwerpe wat op die N4 gegooi word en mense dan beroof, is Donderdag in Gauteng gearresteer.

Die span wat bestaan het uit polisielede, die hoofwegpatrollie en sekuriteitsfirmas het ook beslag gelê op ‘n .38 Special rewolwer, ‘n 9mm pistool en ‘n selfoon sonder simkaart, waarvoor die verdagte nie ‘n verklaring kon gee oor waarom hy nie die foon kon oopkry nie.

Die arrestasie volg na talle waarskuwings op Facebook en ander sosiale media in Gauteng en Mpumalanga oor hierdie nuwe metode om mense te beroof op die hoofweë.

In die Middelburg omgewing was daar ook al talle voorvalle op die N4 waar skerp voorwerpe soos staalpenne op die teeroppervlak gegooi is.

Tydens hierdie voorvalle word bande erg beskadig en noop dit die motoris om te stop, wat dan deur die bendes beroof word.

Twee weke gelede het me. Faith Shabangu (‘n werknemer van Columbus Stainless) gesterf toe haar voertuig tot stilstand gedwing is met hierdie metode en sy doodgery is toe sy van haar aanvallers probeer wegkom het.

Op presies dieselfde plek, op die N4, naby die Bethal afrit, is twee werknemers van Blue Ribbon Bakkery ernstig gewond toe hul voertuig die ysterpenne getref en daar op hulle geskiet is.

Die afgelope paar maande was daar talle voorvalle op die N4, maar blyk dit dat die rowers nou ook uitbrei na areas soos die Stoffbergpad.

Verlede Woensdag is 30 groot ysterballe sowat 30km buite Middelburg op die Stoffbergpad gegooi en is ‘n voertuig se wiele erg beskadig. Die motoris is gelukkig nie beroof nie, aangesien hy kon aanhou ry tot by ‘n veilige area en hulp ontbied

  • Vroeër vandag is daar weer ‘n waarskuwing op noodgroepe uitgereik dat motoriste versigtig moet wees, veral in die area tussen die Bethal- en Vandyksdrif afritte, waar die meeste aanvalle die laaste paar weke plaasgevind het.
  • In die plasing is onder meer gemeld dat van die staalpenne in swartsakke op die N4 gesit word en dat motoriste dan nie onraad vermoed as hulle dit nader nie.

Check Also
Close
Back to top button