News

Asseblief, baklei vir ons mooi dorp

Die mees depressiewe roete in die wêreld, by verre.

Die pad van Middelburg af, verby Bethal, Standerton, Vrede, Warden, Bethlehem…

Net buite Bethal begin die walging in jou opstoot.

Daar is massiewe rommelhope reg langs die pad. Dit is verstommend. Papiere en ander gemors waai die wêreld vol.

’n Paar kilometer buite Bethal begin die slaggate, groter en groter, meer en meer…

So lyk Standerton se paaie.

Jy koets, jy konsentreer, jy is dankbaar om nog ’n gat te mis.

Standerton: Hartverskeurend! Verkeersligte is weg, die begraafplaas is toegegroei, daar is nie meer paaie nie, dit is soos ’n geploegde land. Die verval van die dorp roep ten hemele.

Deurdruk na Vrede. Dit is nou Vrystaat, die bakermat van Ace Magashule, ANC sekretaris generaal.

Op pad na die Vrystaat? Welkom in Bethal.

Ace se nalatenskap is daar vir almal om te sien, gat op gat. ’n Paaienetwerk in sy maai.

Vrede is nou Onrus. Die dorp se rugbyveld en klubhuis klaaglik vernietig.

Ry Bethlehem binne, slaggat paradys. Stop om rigting na Fouriesburg te vra. Die man skud sy kop bekommerd: “Jy kan nie daai pad ry nie!”

Agt kilometer buite Bethlehem is daar 110 hektaar se appelboorde.

Die onversorgde boorde wys mislukking. Miljoene rande is sedert 1998 daarin belê.

Nou smeek die 110 hektaar appels, wat rooi aan die bome hang, dat hulle gepluk word.

Die eens netjiese kantore van die Bethlehem Farmers Trust dakloos.

Riool loop in die strate in op Standerton.

Daar is niks oor nie. Daar kan nie ’n meer depressiewe roete wees nie.

Jy ry Middelburg binne na die naweek. Daar is nie slaggate nie. Die paaie is netjies geverf. Die rommel is verwyder. Dit voel soos in die paradys.

Dit is eers wanneer jy sien hoe lyk Standerton en die res, dat jy dankbaar is vir Middelburg.

Mag ons nooit op Middelburg op sulke paaie hoef te ry nie. So lyk Standerton se padnetwerk.

 

Do you have a news lead?

Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us.

Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a whatsapp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news.

Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news

Dear reader,

As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.

Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.

A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Back to top button