Bezhoek-mynaansoeke in parlement getakel
Die steenkoolmynaansoek op Bezhoek Privaat Natuurreservaat, en twee buurplase, gaan in die parlement bespreek word om toe te sien dat dié natuurjuweel nie verwoes word nie.
Bezhoek was een van talle beplande mynbedrywighede wat verlede Vrydag deur die DA se skaduminister van minerale hulpbronne, James Lorimer, besoek is. Hy is vergesel deur Middelburg parlementslid, Annerie Weeber, wat op die parlementêre portefeuljekomitee vir omgewingsake, vissery en bosbou, dien.
Naas Bezhoek is ’n sandmyn digby Doornkop besoek, en die nuwe koolmynaansoek langs Middelburgdam is ook bespreek.
Beide parlementslede sal Bezhoek Vrydag (more) weer besoek vir ’n toer van die reservaat.
Beide Lorimer en Weeber sal die mynaansoeke in hul onderskeie parlementêre portefeuljeskomitees bespreek, en vrae rondom die uitreiking van die permitte sal ook by die parlement ingedien word.
“Kyk dat die kantoor van mineralehulpbronne in eMalahleni korrup is, is nie onder dispuut nie, en die feit dat dieselfde konsultante vir al die aansoeke verantwoordelik is, is kommerwekkend,” meen me. Weeber.
Die kantoor was lank deur Minister Gwede Manstashe gesluit weens korrupsie.
Me. Weeber sê dat daar egter skuiwergate in bestaande wetgewing is wat gebruik word om mynaansoeke op sensitiewe grond goedgekeur te kry.

“Hulle kom gewoonlik in, myn wat hulle kan en verdwyn dan.”
Sy sê die beskerming van Bezhoek moet ’n top regeringsprioriteit op nasionale en provinsiale vlak wees.
Van die omgewing se oudste broodbome, insluitend die beskermde Middelburgensis, van tussen 800 en 1800 jaar oud, kom op Bezhoek voor.
Die reservaat het ook ystertydperk strukture wat dateer tussen 1600 en 1839. Rotskuns wat die vestiging van die Ndebele en Sotho stamme uitbeeld kom ook volop in die reservaat voor.
Bezhoek se eienaar, mnr. Sid Siderksy, was Vrydag stomgeslaan toe die DA geselskap by hom opgedaag het.
Tot dusver het hy die aansoek op Bezhoek met ’n petisie en sosialemediaveldtogte probeer beveg.
“Ek is verheug oor die politieke belangstelling in die stryd teen mynmaatskappye,” sê mnr. Sidersky.
Do you have a news lead?
Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us.
Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a whatsapp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news.
Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news
Dear reader,
As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.
Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.
A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).
