Motorfiets ontplof langs pad
Daar is net klein stukkies oor van ’n motorfiets van Mr D, nadat dit langs die pad ontplof het.
Daar is net klein stukkies oor van ’n motorfiets van Mr D, nadat dit langs die pad ontplof het.
Die motorfiets het voor motoriste aan die brand geraak en kon die motorfietsryer gelukkig betyds gewaarsku word voor die motorfiets ontplof het.

Marnus Uys en sy pa, Tienie (van die Noodroep Radiogroep, Sektor 3) het op die hoeke van Keiskamma- en Sondagsrivierstraat (Aerorand, Middelburg) opgemerk dat die motorfiets aan die brand is.
Op hierdie selfde tydstip het ’n verbygaande motoris vir die motorfietsryer toeter geblaas om vir hom te wys dat die motorfiets waarop hy ry aan die brand is, waarop hy gestop en afgespring het.
Tienie het oorgehardloop na die Aerorand Square sentrum, waar hy twee brandblussers gegryp en terug gehardloop het na die brandende motorfiets.
Hy het albei brandblussers leeg gespuit, maar die motorfiets het steeds ontplof.

Met die brandweer se aankoms, is die laaste vlamme geblus.

Niemand is beseer nie.
