R80 000 skade na inbraak, saak gesluit
Die Basson egpaar het ongeveer R80 000 se skade gely na ’n inbraak by hulle woning in die Eagle's Nest kompleks... en toe sluit die polisie hulle saak.

Pieter Basson sê dat daar Saterdag, in die vroeë oggendure, by hulle ingebreek is, terwyl hy en sy vrou slaap.
Pieter het vroeg die oggend, om 04:30 opgestaan vir werk, toe hy besef sy werksak, waarin sy werksskootrekenaar gehou word, nie op sy gewone plek op die bank staan nie.
Niks was uit plek nie, en hy het oorspronklik gedink sy vrou skeer die gek met hom.
Hy het haar wakker gemaak, en toe hulle saam begin soek, merk hulle op dat haar privaat skootrekenaar en hulle beursies met hulle kaarte in, ook weg is.
Hulle het ’n saak by die polisie aangemeld en hulle bankkaarte probeer blok, maar sy banktoep op sy foon was geblok.

Die dief het R2000 uit Pieter se tjekrekening getrek, R45 000 uit sy kredietkaart elektronies oorbetaal, en nog geld getrek uit sy vrou se rekening.
Pieter sê dat die forensiese afdeling, wat vingerafdrukke geneem het, vir hom gesê het dat hulle ’n sterk saak het. Die diewe het deur ’n oop venster met diefwering op toegang verkry, en die vingerafdrukke behoort aan ’n kind.
Tydens die ondersoek het dit aan die lig gekom, dat die geld by ’n vulstasie in Mhluzi getrek is. Pieter is dadelik daarheen, waar die bestuur vir hom toegang gegee het tot hulle CCTV videomateriaal.
Die man wat geld getrek het, is deur ’n taxi afgelaai, wat vir hom gewag het, maar die dief het ’n masker en ’n kappie gedra en kan nie geïdentifiseer word nie. Hy het Pieter se werksak op sy rug gedra.
Pieter vertel dat hy teen Woensdag in kennis gestel is deur die polisie dat alle leidrade opgevolg is, en dat die saak gesluit is.

“Ek wil mense waarsku. Ons bly in ’n veilige kompleks en ons hou alles gesluit. Ons los die vensters oop vir ons katte, maar die vensters het diefwering op. Ons sal van nou af ons vensters moet toe hou.”
Hy hoop ook dat iemand moontlik die man in die videobeeldmateriaal sal herken.
Do you have a news lead?
Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us.
Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a whatsapp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news.
Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news
Dear reader,
As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.
Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.
A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).