News

‘Vinnige Fanie’ vang flippen groot likkewaan

Voor jy nog kon sê “flippen groot likkewaan!” was Fanie Strydom daar om fluit-fluit ’n likkewaan in Lilian Ngoyistraat (Kanonkop) te vang.

James Faber het hom sommer “vinnige Fanie” gedoop op ’n WhatsApp straatgroep, want hy sê Fanie (ondervoorsitter, Middelburg Herpetologiese vereniging) was blitsig daar om te help.

Die drama het kort voor 14:00 begin, toe mnr. Faber se vrou, Lindi, gesien het iets pla hul twee hondjies, Dobbie en Tessa.

Sy het nader gestap en geloer waarvoor die hond onder een van die voertuie blaf en net die likkewaan se stert gesien. Dit het vir haar soos ’n slang gelyk en dadelik haar man se aandag getrek toe sy skree: “slang!”

Fanie het die likkewaan agter dié drom in die erf uitgehaal.

James het vinnig gaan ondersoek instel, maar toe hy om die hoek kom, het likkewaan se kind op sy agterpote gestaan en het man en likkewaan mekaar eers bietjie “opgesize”.

Die likkewaan was eerste om die aftog te blaas en het hy agter ’n asblik in die hoek van die erf ingespring.

’n Mens wens daar was ’n videokamera daar naby, want op hierdie stadium het Dobbie half bewerig langs James gestaan en het hy spelenderwys vir haar gesê: “waar is die gogga?” Hy het ook ’n “sssss” geluid gemaak.

Dit was een te veel vir Dobbie en het sy met een sprong omgespring, kamer toe gehol en stert tussen die bene op die bed gaan lê.

Nadat Dobbie die aftog geblaas het, het James opgemerk die bure se kat stap skewestert, stywe bene heen en weer op die muur en beloer die likkewaan.

Hy moes kort-kort net keer of die kat val die likkewaan van bo af aan.

Hy was vol lof vir die vinnige reaksie van Fanie en die manier wat hy die gedierte gevang het.

“Dankie Fanie, puik diens!”

Fanie moes die likkewaan mooi vasvat dat hy nie kan omswaai en hom aan die hand beetkry nie.

• James is net dankbaar dat die likkewaan nie in die huis in is en homself tuis gemaak het op sy bed nie.

“Dan sou julle ambulanse en helikopters moes kry!” het hy laggend vir www.mobserver.co.za gesê.

• Die oomblik toe Fanie die oproep kry, het sy tienjarige seun, Fanie (junior) opgevlieg en alles reggekry vir die likkewaan vang.

“Hy ry aan altyd saam as ek slange of likkewane vang. Terwyl ek op Google kyk waar is die straat, kry hy die tange en houers gereed. As ek by die kar kom, is alles gelaai en kan ons dan net ry.”

In baie van die gevalle, laat Fanie (jnr) ook die slange of likkewane vry. Net in die geval waar sy pa giftige slange vrylaat, moet hy veilig in die kar wag, dat sy pa self die slang moet loslaat.

Fanie (jnr) het dieselfde dag saam met sy pa gegaan om die likkewaan in die Middelburg omgewing los te laat. Hyself het die houer oopgemaak sodat die likkewaan kon uitklim.

• Fanie (senior) vermoed die likkewaan is afkomstig vanaf die Kanonkop/Dennesig dammetjies.

Hy en James kan egter nie glo dat die likkewaan by talle honde en mense in verskeie strate verby is, sonder dat iemand hom gesien het nie.

• James se huis is naby die Springbok kafee waar daar ’n paar maande gelede ’n swart mamba voor die kafee gevang is.

Fanie wys die likkewaan van onder af. ’n Fris kêrel.

 

Do you have a news lead?

Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us.

Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a whatsapp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news.

Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news

Dear reader,

As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.

Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.

A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button