News

Boewe hou vrou dop by vulstasie, pluk deur oop

Boewe het ’n vrou en petroljoggies dopgehou en vinnig ’n kardeur oopgepluk om iets te steel.

Me. Elzette Pansegrouw het Vrydagmiddag net na 16:00 by die Midwater Engen Vulstasie gestop, om brandstof in te gooi. Terwyl die petroljoggie besig was, het sy besluit om gou uit te spring en iets by die geriefswinkel te koop.

Op videomateriaal sien ’n mens ’n Avanza, met ’n glimplakker op, wat ’n geruime tyd skuins agter die area waar ’n mens brandstof ingooi, staan.

Dan kom me. Pansegrouw se voertuig ingery.

Terwyl sy in die voertuig sit, klim een van die booswigte uit die Avanza en loop agter haar voertuig verby. Na ’n paar sekondes loop hy weer voor haar voertuig verby en gaan klim weer in die Avanza.

Die Avanza ry vorentoe langs haar voertuig verby en verdwyn uit die kamera se oog.

Die oomblik toe sy uitklim en na die geriefswinkel se rigting stap, sien jy die twee boosdoeners na haar voertuig aangestap kom, waar een vinnig die passasiersdeur ooppluk.

Dit is egter presies die oomblik wat sy terugkeer en sy storm op hulle af.

Die twee is egter min gepla, draai hul rûe op haar en stap rustig weg.

Mnr. Pansegrouw is dankbaar dat die boewe nie sy vrou aangeval het of wel in die voertuig geklim het nie. “Sy was net te vinnig vir hulle”.

Niks is gesteel nie.

• Dit is duidelik dat die groep ook die petroljoggie dopgehou het, aangesien hulle toegeslaan het toe die petroljoggie hulle nie kon sien nie.

• Die egpaar bedank graag die Noodroep Radiogroep Sektor 3 vir hul blitsigte optrede, asook die Midwater Engen se bestuur en personeel wat so vinnig opgetree het toe sy vir hulp vra. Die joggie het vir hulp geroep, toe me. Pansegrouw verduidelik wat gebeur het.

• Mnr. Tienie Uys (voorsitter, Noodroep Radiogroep Sektor 3) sê dat hulle die registrasienommer deur die polisie laat toets het en dat dit duidelik vervalsde nommerplate was.

Hy het petroljoggies van al die vulstasies in die dorp gewaarsku om oplettend te wees vir enige voertuie wat eenkant staan waar mense nie uitklim of brandstof ingooi nie.

“Hierdie groepe hou al die vulstasies dop. Ons glo dit is dieselfde bendes wat ook in parkeerareas opereer. As ’n voertuig ’n rukkie staan by ’n vulstasie en verdag lyk, kan hulle enige tyd ons noodgroepe bel. Ons sal naby hulle gaan stop en hul dophou en hulle sal beslis geepad as hulle gepla word.”

Mnr. Uys sê die meeste voertuie se petroltenkproppe werk elektronies saam met die sluitstelsel van die voertuie.

“Onthou, hierdie mense doen navorsing voor hulle toeslaan. Hulle weet jou deure is oop as jou petroltenk oopgemaak word.”

• Dieselfde modus operandi word gevolg in parkeerareas. Sodra ’n persoon stop en uitklim, maak hulle vinnig ’n deur oop, sodat die deure nie sluit as die afstandbeheer gedruk word nie.

Hulle gebruik ook die slenter om afstandbeheerders in te hou, sodat dit die sluitsisteem van jou afstandbeheerder beïnvloed en jou voertuig nie sluit nie.

“Die goue reël is, maak seker jou deure is gesluit! Ons leef in ’n gevaarlike tyd en dit gaan nie beter raak nie, eerder erger. Wees dus oplettend en beveilig jouself.”

Do you have a news lead?

Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us.

Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a whatsapp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news.

Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news

Dear reader,

As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.

Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.

A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button