News

Honde vergiftig, vierwiel gesteel in Dennesig

’n Vierwiel Yamaha Raptor 350 is Sondag vroegoggend by ’n huis in Steve Bikostraat gesteel, vermoedelik deur die selfde booswigte wat ook honde vergiftig het.

Mnr. Marius Jordaan vertel dat die groep van vier mans, vir net onder ’n uur in sy erf geskuil het, nadat hulle die slot op sy hekmotor afgebreek het.

Mnr. Jordaan kon op videomateriaal, wat hy van bure af gekry het, sien hoe die groep sy hek oopstoot om 01:50. Hulle het vir ongeveer ’n driekwartuur in sy erf weggekruip, en is eers weer om 02:08 gesien, toe hulle na die drie motorfietse gesluip het.

Hy het sy susters vir die naweek onthaal, en die diewe is verby al die voertuie en sy boot, om die ketting waarmee die drie motorfietse aan mekaar vasgesluit was te knip en het hulle toegespits op die duurder een van die drie. Hulle het om 03:08 die motorfiets uitgestoot.

Mnr. Jordaan vertel dat daar verlede week Woensdag, drie huise van hom af, honde vergiftig is, en vermoed dat die selfde booswigte sy motorfiets gesteel het.

Die videomateriaal wys hoe ’n wit, enkelkajuit Mahindra met ’n kap op, in die straat rondgery het tydens die diefstal. Nadat die diewe sy motorfiets uitgestoot het in die rigting van Laerskool Dennesig, is die Mahindra agterna. Sy Yamaha Raptor se enjin is onlangs oorgedoen vir R18 000, en het ook splinternuwe bande op.

Die motorfiets se enjinnommer is 11318E-0480 en sy vinnommer JY4AH12W260016842.

Hy vra indien iemand opmerk dat hulle die motorfiets verkoop, om hom te kontak by 082 493 8190.

Do you have a news lead?

Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us.

Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a whatsapp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news.

Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news

Dear reader,

As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.

Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.

A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).

Back to top button