News

Mislukipale sekuriteit weier om vrou te laat gaan

Die goue reël is, jy meng nie in by ’n munisipale- of staatsamptenaar se etenstyd nie!

’n Belastigbetaler moes dié les op die harde manier leer, nadat sy en nog twee vroue deur die sekuriteit by die Steve Tshwete Munisipaliteit toegesluit is, tydens hulle middagete.

Die ma van drie, wat anoniem wil bly, het byna ’n hek moes optel net om by haar kinders uit te kom, nadat die wag haar nie wou uitlaat nie.

Sy was om 12:50 by die tesourierskantoor, en die dame het haar vriendelik gehelp.

Toe sy klaar is, is sy na die sekuriteitshok waar ingang en uitgang gereguleer word.

Die skuifdeure was gesluit, en sy is na ’n heining om ’n wag se aandag te trek.

Die wag het blatant geweier om haar uit te laat, en vir haar gesê hulle het streng opdrag gekry dat niemand mag in of uit tussen 13:00 en 14:00 nie. Sy het aan hom verduidelik dat sy haar kinders by die skool moet gaan haal, maar hy het steeds geweier.

Sy het deur die gebou geloop na die kliniek toe, en was reg om die skuifhek van sy spoor af te lig, toe ’n kar intrek en sy kon ontsnap.

Sy was reeds laat om haar kinders by die skool te kry.

“Ek kan verstaan dat hulle mense nie wil inlaat nie, maar hulle kan jou seker uitlaat. As jy bank toe gaan en hulle maak toe, sluit hulle jou mos nie vir die nag in nie?”

Sy wil mense waarsku om voor 13:00 uit te wees, anders moet hulle vir ’n uur wag.

Www.mobserver.co.za het die mediawoordvoerder, me Prudence Magutle, oor die voorval ingelig.

Sy het verduidelik dat die sekuriteitskamer tussen 13:00 en 14:00 ontsmet word vir 20 minute. Sy het gevra dat mense oor etenstyd geduldig sal wees en wag vir 20 minute, indien hulle oor daai tyd van die munisipale dienste gebruik maak.

Do you have a news lead?

Contact our editorial office on 013 243 1434 or our standby number for emergencies on 072 248 3855 to share your story with us.

Follow us on the Middelburg Observer Facebook group or page or send a whatsapp to 072 248 3855 with the words “add me” for the latest news.

Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news

Dear reader,

As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.

Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol.

A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19. Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button