News

Voertuig met vermeende diewe in dorp gesien

Die voertuig waaruit mans gespring en ’n vrou se deur by ’n vulstasie oopgemaak het, is vanoggend ’n paar keer in Middelburg opgemerk.

Www.mobserver.co.za het gister berig oor me. Elzette Pansegrouw wat Vrydag net na 16:00 die boosdoeners op heter daad betrap het toe hulle haar voertuig se deur oopgemaak het by die Midwater Engen Vulstasie.

Op die videomateriaal kon ’n mens sien dat hulle uit ’n Avanza klim, met die syfers 004 duidelik op ’n glimplakker op die deur te sien.

Hulle het haar passasiersdeur oopgemaak terwyl sy in die geriefswinkel ingegaan het. Toe sy hulle betrap, het hulle net weggestap.

’n Paar motoriste het vanoggend op noodgroepe gesê dat hulle die voertuig in die dorp sien rondbeweeg en mense gewaarsku om versigtig te wees.

Die voertuig se registrasienommer is ook op die groepe gesit.

Me. Felecia Smith was die eerste wat omstreeks 07:00 op die groepe gemeld het dat sy die voertuig gesien het.

Volgens haar het sy gesien hoe die voertuig van Mhluzi se kant af in Beyers Naudestraat inry. Naby die Middelburg hof het sy langs hom gery en dadelik die 004, asook ander letters en die registrasienommer op die Avanza gesien.

Lees ook: Boewe hou vrou dop by vulstasie, pluk deur oop

Sy het gesê dat sy die voertuig met die 004 plakker daarop gesien het, maar die mense op die noodgroep het nie geweet waarvan sy praat nie. Eers toe sy melding maak dat dit dieselfde voertuig was wat Vrydag by die vulstasie was, het almal besef wat aangaan.’

Me. Smith sê daar was drie mans in die kar. Kort na haar boodskap, het haar pa, mnr. Fanie Nieuwoudt, gesê dat die wit Avanza ook ’n oranje lig op die dak het.

Daar is op die noodgroep gesê dat dieselfde voertuig by die taxistaanplek in Meyerstraat gesien is. Oor die naweek het motoriste die voertuig opgemerk en gesien hoe vier insittendes net in die kar bly sit en mense dophou.

• Daar kan nie teen die groep opgetree word as daar nie ’n saak by die polisie geopen is nie.

Me. Pansegrouw se man, Desmond, sê dat hulle dit tot op hede nie aangemeld het by die polisie nie, omdat hulle nie ’n registrasienommer gehad het of geweet het wat die letters is saam op die 004 nie.

Met die inligting wat verskaf is deur me. Smith, kan hy dit nou gaan aanmeld en die regte inligting aan die polisie verskaf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button